in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Ptolemeus I Soter
|
Ptolemaeus, Ptolemaios
|
|
’n Borsbeeld van Ptolemeus I (
Louvre
).
|
Koning van Egipte
|
Periode
|
323?283 v.C.
|
Opvolger
|
Ptolemeus II Philadelphus
|
Vader
|
Lagus van Masedonie
|
Moeder
|
Arsinoe
|
Gebore
|
367 v.C.
|
Oorlede
|
283 v.C.
|
|
Ptolemeus I Soter
(
Grieks
vir "Ptolemeus die Redder", ook bekend as
Ptolemy Lagides
; omstreeks 367-283 v.C.) was ’n
Masedoniese
generaal onder
Alexander die Grote
wat van 323 tot 283 v.C. die heerser van
Antieke Egipte
was. Hy was ook die stigter van die
Ptolemeiese Ryk
en het die titel
farao
opgeeis.
Sy ma was Arsinoe van Masedonie en hoewel sy pa onbekend is, beskryf verskeie bronne hom as of die seun van Lagus, ’n Masedoniese edelman, of die buite-egtelike seun van
Philippos II van Masedonie
(wat hom, as dit waar is, die halfbroer van Alexander maak). Dit kan ook wees dat die laaste weergawe gefabriseer is om die Ptolemeiese Ryk glorieryker te maak.
Ptolemeus was een van Alexander se getroue generaals en een van sy sewe "lyfwagte". Hy was ’n paar jaar ouer as Alexander en ’n vriend sedert hul kinderdae.
Hy is opgevolg deur sy seun,
Ptolemeus II Philadelphus
.
- Walter M. Ellis:
Ptolemy of Egypt
, Londen 1993.
- Christian A. Caroli:
Ptolemaios I. Soter ? Herrscher zweier Kulturen
, Konstanz 2007.
- Waterfield, Robin (2011).
Dividing the Spoils ? The War for Alexander the Great’s Empire
(hardback). New York: Oxford University Press. pp. 273 bladsye.
ISBN
978-0-19-957392-9
.