in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Prins Leopold, die Hertog van Albany
(Leopold George Duncan Albert; 7 April 1853 ? 28 Maart 1884) was ’n seun van koningin
Victoria van die Verenigde Koninkryk
en prins
Albert van Sakse-Koburg en Gotha
. Leopold het later die titels Hertog van Albany, Graaf van Clarence en baron Arklow gekry. Hy het
hemofilie
gehad en dit het eindelik tot sy dood gelei.
As die seun van ’n Britse monarg het hy van geboorte af die titel SKH prins Leopold gehad. Sy ouers het hom genoem na koningin Victoria se oom koning
Leopold I van Belgie
.
Weens sy hemofilie het hy moeilik ’n vrou gekry. Nadat verskeie vroue sy huweliksaanbod van die hand gewys het, het sy ma tussenbeide getree. Sy het ’n ontmoeting met
prinses Helena van Waldeck en Pyrmont
, die dogter van
Georg Viktor, Prins van Waldeck en Pyrmont
, gereel. Op 27 April 1882 is hulle getroud in die
Sint George-kapel
in
Windsor-kasteel
. Hulle was gelukkig, maar kort getroud.
Hulle het twee kinders gehad:
Prinses Alice, Gravin van Athlone
en
Charles Edward, Hertog van Sakse-Koburg en Gotha
.
In Februarie 1884 is die prins na
Cannes
,
Frankryk
, omdat die warmer klimaat die gewrigspyn weens sy hemofilie sou verlig. Sy vrou, wat toe swanger was, het tuis gebly maar hom aangemoedig om te gaan. Op 27 Maart het hy gegly en geval in die seiljagklub in Villa Nevada, Cannes. Hy het sy knie beseer en ernstige kopbeserings opgedoen en is in die vroee oggendure van die volgende dag aan breinbloeding dood.
Deur sy seun, Charles Edward, wat vier maande na Leopold se afsterwe gebore is, is Leopold die oupagrootjie van die huidige koning
Carl XVI Gustaf van Swede
.
- Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel
en:Prince Leopold, Duke of Albany