in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Prins Arthur, die Hertog van Connaught en Strathearn
(Arthur William Patrick Albert;
1 Mei
1850
?
16 Januarie
1942
) was die derde seun en sewende kind van koningin
Victoria van die Verenigde Koninkryk
en prins
Albert van Sakse-Koburg en Gotha
. Hy was van 1911 tot 1916 goewerneur-generaal van
Kanada
.
As die seun van ’n Britse monarg het hy van geboorte af die titel SKH prins Arthur gehad. Hy het in 1874 die Hertog van Connaught en Strathearn en die Graaf van Sussex geword.
In 1922 is die amptelike opening van
Chapmanspiek-rylaan
deur die hertog behartig
In 1910 het Arthur na
Suid-Afrika
gereis aan boord van die Balmoral Castle, ’n skip van die
Union-Castle-Redery
, om die eerste parlement van die nuutgestigte
Unie van Suid-Afrika
te open.
[1]
Op 30 November 1910 het hy ’n gedenksteen by die
Suid-Afrikaanse Nasionale Museum vir Militere Geskiedenis
in
Johannesburg
gele ter herdenking aan die
Britse
soldate wat in die
Anglo-Boereoorlog
gesterf het.
[2]
Van 1912 tot met sy dood in 1942 was Arthur opperkolonel van die
Kaapstadse Hooglanderregiment
.
[3]
Prins Arthur en sy eggenote tydens die opening van die Unieparlement in 1910.
Op
13 Maart
1879
is Arthur in Sint George-kapel in
Windsor-kasteel
getroud met
prinses Louise Margaret van Pruise
, die dogter van
prins Friedrich Karl van Pruise
. Hulle het drie kinders gehad:
Margaret, kroonprinses van Swede
,
prins Arthur van Connaught
en
Lady Patricia Ramsay
.
Arthur het in 1928 uit die openbare lewe getree en is 14 jaar later, in 1942, op 91-jarige ouderdom in
Bagshot Park
,
Surrey
, dood. Hy was die laaste oorlewende seun van koningin Victoria.
- Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel
en:Prince Arthur, Duke of Connaught and Strathearn
- Scouting Round the World
,
John S. Wilson
, eerste ed., Blandford Press 1959 p. 81