Prince Alfred Hamlet

Koordinate : 33°18′S 19°19′O  /  33.300°S 19.317°O  / -33.300; 19.317
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Prince Alfred Hamlet
Prince Alfred Hamlet
Prince Alfred Hamlet
Prince Alfred Hamlet is in Wes-Kaap
Prince Alfred Hamlet
Prince Alfred Hamlet
 Prince Alfred Hamlet se ligging in Wes-Kaap
Koordinate: 33°18′S 19°19′O  /  33.300°S 19.317°O  / -33.300; 19.317
Land Vlag van Suid-Afrika  Suid-Afrika
Provinsie Wes-Kaap
Distrik Kaapse Wynland
Munisipaliteit Witzenberg
Stigting 1861
Oppervlak
 ? Totaal 8,73 km 2 (3,37 vk. myl)
Hoogte
520 m (1 710 ft)
Bevolking
  (2011) [1]
 ? Totaal 6 810
 ? Digtheid 780/km 2 (2 000/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 ?  Wit mense 13.0%
 ?  Indiers/Asiers 0.1%
 ?  Bruin mense 72.4%
 ?  Swart mense 13.5%
 ?  Ander 1.0%
Taal (2011)
 ?  Afrikaans 86.8%
 ?  Xhosa 6.6%
 ?  Sotho 3.8%
 ?  Engels 1.7%
 ?  Ander 1.1%
Poskode (strate)
6835
Poskode (posbusse)
6840
Skakelkode 023

Prince Alfred Hamlet is 'n dorp sowat 10 kilometer noord van Ceres in die Warm Bokkeveld in die Wes-Kaap ( Suid-Afrika ).

Geskiedenis [ wysig | wysig bron ]

Die dorp is op 8 Desember 1861 deur Johannes Cornelis Goosen gestig op die plaas Wagenboomsrivier en vernoem na prins Alfred, die tweede seun van die Britse koningin Victoria , wat 'n jaar tevore 'n besoek aan Suid-Afrika gebring het.

Wapen [ wysig | wysig bron ]

Prince Alfred Hamlet se munisipale raad het die volgende wapen in 1994 by die Buro vir Heraldiek geregistreer: In goud, 'n regopgeplaaste rooi graaf tussen ses groen punte na 'n punt, drie punte uitkomend uit elke flank; op 'n goue skildhoof, drie blou uitkomende driehoeke, die basisse aanstotend . Die helmteken was 'n goue klimmende leeu met 'n protea tussen sy voorpote, uitkomend uit 'n blou muurkroon, en die wapenspreuk is "Arbeid dra vrug". [2]

Omgewing [ wysig | wysig bron ]

Die dorp is 'n terminus van die takspoorlyn van Wolseley via Ceres . Groot hoeveelhede sagtevrugte en aartappels word hiervandaan verspoor. Die dorp staan bekend vir sy vrugteverbouing, wat vinnige nywerheids- en sakeontwikkeling aan die begin van die 21ste eeu bevorder het.

Noord van die dorp is die Gydopas wat die dorp met die Koue Bokkeveld verbind.

Sien ook [ wysig | wysig bron ]

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Prince Alfred Hamlet" . Sensus 2011 .
  2. National Archives of South Africa: Data of the Bureau of Heraldry .