in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
'n
Priester
of 'n
Priesteres
is in die meeste
religies
'n persoon bo die algemene mense met 'n amptelike funksie, wat tydens kultiese handelinge as bemiddelaar tussen
God
(e) en die mense optree. Die woord
Priester
is van die
antieke Grieks
πρεσβ?τερο?,
presbyteros
, "ouderling", afgelei, sowel as die ooreenstemmende terme in ander Europese tale. Van die godsdienste wat oor priesters beskik, sluit in
Boeddhisme
,
Christendom
,
Druidisme
,
Hindoeisme
,
Islam
,
Judaisme
,
Paganisme
,
Sjamanisme
,
Taoisme
,
Wicca
en
Zoroastrisme
, asook antieke godsdienste soos
Asteekse mitologie
,
Egiptiese mitologie
,
Germaanse mitologie
,
Griekse mitologie
,
Keltiese mitologie
,
Masai-mitologie
,
Mesopotamiese mitologie
,
Polinesiese mitologie
,
Rapa Nui-mitologie
,
Romeinse mitologie
en
Slawiese mitologie
. Daar is eintlik min godsdienste wat nie oor 'n Priester beskik nie.