Prayagraj

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Prayagraj

????????? ( Hindi )
???????? ( Oerdoe )

Allahabad (tot 2018)
Stad
Prayagraj is in Indië
Prayagraj
Prayagraj
Ligging in Indie
Koordinate: 25°27′00″N 81°51′00″O  /  25.45000°N 81.85000°O  / 25.45000; 81.85000 Koordinate : 25°27′00″N 81°51′00″O  /  25.45000°N 81.85000°O  / 25.45000; 81.85000
Land Vlag van Indië  Indie
Deelstaat Uttar Pradesh
Distrik Prayagraj
Stigting 1583
Regering
 ? Tipe Allahabad Munisipale Korporasie
 ? Burgemeester Abhilasha Gupta
Oppervlak
 ? Stad 5 424 km 2 (2 094 vk. myl)
Hoogte
98 m (322 ft)
Bevolking
 ? Stad 1 117 094
 ?  Metro
5 959 798
 ? Metrodigtheid 1 087/km 2 (2 820/vk. myl)
Tydsone UTC+5:30 (IST)
Poskode
211001-18
Skakelkodes 532
Webwerf allahabad.nic.in

Prayagraj is 'n stad in die Indiese deelstaat Uttar Pradesh met 'n bevolking van 1 117 094 in 2011. Die stad is in 1583 gestig en tot 2018 genoem na Allah , die Arabiese naam vir God en -?b?d , Persies vir te bou of te skep , wat beteken "Stad van God" of "God se skepping". Prayagraj is aan die saamvloei van die Yamuna en die Ganges , twee van die heiligste riviers van die Hindoeisme , gelee. Dus is Prayagraj 'n belangrike pelgrimstog vir Hindoes. Elke 12 jaar word die fees Kumbh Mela hier gevier.

Prayagraj is bekend as "stad van die eerste ministers ", omdat sewe van die 13 eerste ministers van Indie 'n verbintenis met die stad gehad het. Onder ander is Indira Gandhi in Prayagraj gebore. Die tydsone van Indie en Sri Lanka , UTC+05:30 , word vanaf die observatorium in Prayagraj in Indie bereken.

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]