한국   대만   중국   일본 
Pools-Ortodokse Kerk - Wikipedia Gaan na inhoud

Pools-Ortodokse Kerk

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Pools-Ortodokse Kerk
’n Pools-Ortodokse kerk in Białowieża.
’n Pools-Ortodokse kerk in Białowie?a.
Moederkerk Russies-Ortodokse Kerk
Stigtingsjaar 1924
Stigter Cyrillus en Methodius
Status Outokefaal
Kerkleiding
Hoof Sava Hrycuniak
Hoof se titel Metropoliet van Warskou en die Hele Pole
Setel Warskou , Pole
Besonderhede
Liturgie Bisantyns
Liturgiese taal   Kerkslawies , Pools
Kalender Juliaanse kalender
Gelowiges 600 000
Bisdomme 7
Kloosters 3
Gemeentes 240
Webtuiste
http://www.orthodox.pl/

Die Pools-Ortodokse Kerk ( Pools : Polski Autokefaliczny Ko?cioł Prawosławny) is ’n outokefale Oosters-Ortodokse Kerk wat in volle gemeenskap met die ander Oosters-Ortodokse kerke is. Die primaat van die kerk het die titel Metropoliet van Warskou en die Hele Pole.

Die Kerk is gestig in 1924, ’n paar jaar nadat Pole sy onafhanklikheid teruggekry het na die Eerste Wereldoorlog , om Ortodokse Christene van Poolse, Oekraiense en Belarussiese herkoms te akkommodeer.

Na die Tweede Wereldoorlog is die meeste Oekraiense en Belarussiese gebiede, met 80% van die Poolse kerk se gemeentes, deur die Sowjetunie geannekseer en is die kerke met die Russies-Ortodokse Kerk verenig. Die orige kerke, meestal die in die oostelike, gemengde gebiede soos om Chełm en Białystok, het onder beheer van die Poolse kerk gebly. In 1948, onder druk van die Russiese kerk, het die Ekumeniese Patriargaat van Konstantinopel die Kerk in Pole outokefaal verklaar.

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]