in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Gnaeus Pompeius Magnus
|
|
|
Ampstermyn
52 v.C. – 51 v.C.
|
Voorafgegaan deur
|
Marcus Valerius Messalla Rufus en Gnaeus Domitius Calvinus
|
Opgevolg deur
|
Marcus Claudius Marcellus en Servius Sulpicius Rufus
|
Ampstermyn
55 v.C. – 54 v.C.
|
Voorafgegaan deur
|
Gnaeus Cornelius Lentulus Marcellinus en Lucius Marcius Philippus
|
Opgevolg deur
|
Appius Claudius Pulcher en Lucius Domitius Ahenobarbus
|
Ampstermyn
70 v.C. – 69 v.C.
|
Voorafgegaan deur
|
Publius Cornelius Lentulus Sura en Gnaeus Aufidius Orestes
|
Opgevolg deur
|
Quintus Caecilius Metellus Creticus en Quintus Hortensius
|
Goewerneur van Hispania Ulterior
|
Ampstermyn
58 v.C. – 55 v.C.
|
Persoonlike besonderhede
|
Gebore
|
29 September
106 v.C.
Picenum ,
Romeinse Republiek
|
Sterf
|
29 September
48 v.C.
(op 58)
Pelusium,
Ptolemeiese Ryk
|
Eggenoot/-note
|
Antistia (86?82 v.C.)
Aemilia Scaura (82?79 v.C.)
Mucia Tertia (79?61 v.C.)
Julia (59?54 v.C.)
Cornelia Metella (52?48 v.C.)
|
Kind(ers)
|
Gnaeus Pompeius
Pompeia Magna
Sextus Pompeius
|
Gnaeus Pompeius Magnus
(
29 September
106 v.C.
?
29 September
48 v.C.
) was 'n
Romeinse
generaal en politikus.
Hy is Pompeius Strabo se seun en word saam met hom bekend tydens die Sosiale Oorlog. Hy steun
Sulla
(83-82 v.C.) en onderdruk Lepidus se opstand in 77 v.C. Hy hou 'n veldtog teen Sertorius in Hispania en na sy terugkoms in
Italie
onderdruk hy daar Spartakus se slawe-opstand en word in 70 v.C. konsul.
[1]
Pompeius het homself bewys as 'n uiters bekwame generaal en admiraal in
67 v.C.
Hy word vir drie jaar bevelhebber of
nauarch
(
Grieks
: skip,
naus
, en heerser,
archos
) om die seerowers van die
Middellandse See
uit te roei. So 'n opdrag is nooit voorheen gegee nie. Hy het 'n meesterplan in werking gestel. Hy het die Middelandse See-gebied in dertien distrikte verdeel en aan elk van sy luitenante een van die gebiede toegeken. Elke luitenant moes dan die seerowers in sy distrik beveg totdat hulle vasgekeer was tussen die magte van elke distrik.
Na veldtogte teen die seerowers van die
Middellandse See
, beeindig hy die oorlog teen Mithridates VI in die ooste. Hy eis Syria op as Romeinse provinsie en rig sy aandag op Judea. In 65 bedreig die leer van Aretas III van Arabie
Jerusalem
. Pompeius stuur sy legioene onder M. Scaurus om hulle te verdryf en beheer te kry oor Judea. Antipater van Idumaea probeer die konings van Judea Hyrcanus en Aristobulus te oortuig dat hulle die Romeine moet vra om hulle koningskap te bevestig, maar Aristobulus wil hom nie aan
Rome
onderwerp nie. Pompeius neem hom gevange in die tempel van Jerusalem in 63 v.C. en verlaag die posisie van Hyrcanus tot
ethnarchos
pleks van koning. Judea word so 'n vasalstaat van Rome.
[2]
Na Mithridates se
selfmoord
in 63 keer Pompeius terug na Rome. In 62 hou hy 'n triomftog en ontbind sy leer. Hy vra vir die senaat om sy soldate grond te gee en sy beleid in die ooste goed te keur. Ongelukkig kry hy baie teenstand van Cato en Lucullus.
Hy word daarom lid van die Eerste Driemanskap met Caesar en Crassus.
[1]
Hy trou met Caesar se dogter Julia (59). Caesar gaan na Gallie om dit te verower. Pompeius bly in Rome waar hy baie probleme het met Clodius Pulcher en sy teenstanders in die senaat. In 54 sterf Julia en in 53 verloor Crassus die slag van Carrhae.
[2]
In 49-48 breek 'n
burgeroorlog
uit en verloor hy teen Caesar in die slag van Pharsalus (9 Augustus 48). Hy vlug na Egipte waar hy by aankoms in
Alexandrie
vermoor word.
[1]
- ↑
1,0
1,1
1,2
The Illustrated Timeline of Military History
History timelines,
Glen C. Forrest, Anthony A. Evans, David Gibbons
, The Rosen Publishing Group, 2011,
ISBN 144884794X
,
ISBN 9781448847945
- ↑
2,0
2,1
Encyclopedia of the Roman Empire
, Facts on File Library of World History,
Matthew Bunson
, Infobase Publishing, 2014,
ISBN 1438110278
,
ISBN 9781438110271