Pollux
|
|
Pollux se ligging (in die rooi sirkel).
|
Sterrebeeld
|
Tweeling
|
Bayer-naam
|
Beta Geminorum
|
Spektraaltipe
|
K0 III
[1]
|
Soort
|
Reusester
|
Waarnemingsdata
(
Epog J2000
)
|
Regte klimming
|
07
h
45
m
18.94987
s
[2]
|
Deklinasie
|
+28° 01′ 34.3160″
[2]
|
Skynmagnitude
(m)
|
1,14
[3]
|
Absolute magnitude
(M)
|
1,08
[4]
|
B-V-kleurindeks
|
+1,00
[3]
|
U-B-kleurindeks
|
+0,86
[3]
|
Besonderhede
|
Massa
(
M
?
)
|
1,91
[5]
|
Radius (
R
?
)
|
8,8
[6]
|
Ligsterkte
(
L
?
)
|
43
[7]
|
Ouderdom (
jaar
)
|
724 miljoen
[8]
|
Temperatuur
(
K
)
|
4 666
[6]
|
Rotasiespoed (km/s)
|
2,8
[9]
|
Metaalinhoud
[Fe/H]
|
-0,07 tot +0,19
[6]
|
Eienskappe
|
Veranderlikheid
|
Vermoed
[10]
|
Ander name
|
78 Geminorum, BD+28°1463, GCTP 1826.00,
Gliese
286,
HD
62509,
HIP
37826,
HR
2990, LFT 548, LHS 1945, LTT 12065, SAO 79666.
|
|
Pollux
(ook bekend as
Beta Geminorum
of
β Gem
) is ’n oranjekleurige,
geevolueerde
reusester
sowat 34
ligjare
van die
Son
af in die noordelike
sterrebeeld
Tweeling
(Gemini). Dit is die helderste ster in die Tweeling en die naaste reusester aan die Son.
Die ster se spektrum dien sedert 1943 as een van die stabiele ankerpunte waarvolgens ander sterre geklassifiseer word.
[11]
In 2006 is bevestig die
eksoplaneet
Pollux b
, of β Geminorum b (later Thestias genoem), wentel om Pollux.
[6]
Die ster se
Bayer-naam
is "Beta Geminorum". Die tradisionele naam "Pollux" verwys na die tweeling
Kastor en Polluks
in die
Griekse
en
Romeinse mitologie
.
[12]
Op 28 Julie 2016 het die
Internasionale Astronomiese Unie
se sternaamwerkgroep (WGSN) die eienaam Pollux vir Beta Geminorum goedgekeur.
[13]
[14]
Castor
en Pollux is die "hemelse tweeling"-sterre wat aan die sterrebeeld Tweeling sy naam verleen. Die twee sterre se eienskappe is egter heel verskillend. Castor is ’n komplekse
sesvoudige stelsel
van warm, blouwit A-tipe sterre en dowwe rooidwerge, terwyl Pollux ’n koeler, geeloranje enkelreus is.
Met ’n
skynbare magnitude
van 1,14
[15]
is Pollux die helderste ster in die Tweeling. Dit is 6,69 grade noord van die
sonnebaan
, en dus sien kykers in die
Suidelike Halfrond
die ster op seldsame geleenthede naby die
Maan
. Dit is 33,78
ligjare
van die Son af.
[16]
[17]
[2]
Die ster se massa is sowat twee keer die van die Son
[5]
en sy radius sowat nege keer die Son s'n.
[6]
Dit was eers ’n A-tipe hoofreeksster,
[18]
maar het die
waterstof
in sy kern opgebruik en geevolueer in ’n reusester met ’n
sterreklassifikasie
van K0 III.
[1]
Sy oppervlaktemperatuur is sowat
4 666
K
,
[6]
wat daaraan sy oranje kleur gee wat tipies van K-tipe sterre is.
[19]
Sy rotasiespoed is
2,8 km·s
-1
.
[9]
Die waarneming van swak
X-strale
dui op ’n klein
magneetveld
, die kleinste wat nog om ’n ster waargeneem is. Die vlak van X-strale is sowat 10
27
erg
s
-1
, wat omtrent dieselfde as die van die Son is. Die teenwoordigheid van die veld dui aan Pollux was eens ’n
Ap-ster
met ’n baie sterker magneetveld.
[18]
Wetenskaplikes vermoed sedert 1993 dat ’n eksoplaneet om Pollux wentel,
[20]
en dit is op 16 Junie 2006 bevestig. Pollux b se massa is na raming minstens 2,3
jupitermassas
. Dit wentel om die ster met ’n periode van sowat 590 dae.
[6]
Nadat die planeet om Pollux ontdek is, is dit Pollux b genoem. Nadat die publiek betrek is om ’n naam voor te stel en daarvoor te stem, het die
Internasionale Astronomiese Unie
in Desember 2015 aangekondig die wennaam is Thestias.
[21]
Thestias is die
patroniem
van Leda, Pollux se ma, die dogter van Thestius. Dit is gekies omdat die naam Leda toe al aan ’n
asteroide
en ’n
maan
van
Jupiter
toegeken was.
[22]
[23]
Die Pollux-stelsel
[6]
Planeet of skyf
(vanaf ster)
|
Massa
|
Halwe lengteas
(
AE
)
|
Wentelperiode
(dae)
|
Eksentrisiteit
|
Baanhelling
(
°)
|
Radius
|
b (Thestias)
|
2,30
±
0,45
M
J
|
1,64
±
0,27
|
589,64
±
0,81
|
0,02
±
0,03
|
?
|
?
|
- ↑
1,0
1,1
Morgan, W. W.; Keenan, P. C. (1973), "Spectral Classification",
Annual Review of Astronomy and Astrophysics
11
: 29?50,
doi
:
10.1146/annurev.aa.11.090173.000333
,
Bibcode
:
1973ARA&A..11...29M
- ↑
2,0
2,1
2,2
van Leeuwen, F. (November 2007), "Validation of the new Hipparcos reduction",
Astronomy and Astrophysics
474
(2): 653?664,
doi
:
10.1051/0004-6361:20078357
,
Bibcode
:
2007A&A...474..653V
- ↑
3,0
3,1
3,2
Ducati, J. R. (2002). "VizieR Online Data Catalog: Catalogue of Stellar Photometry in Johnson's 11-color system".
CDS/ADC Collection of Electronic Catalogues
.
2237
: 0.
Bibcode
:
2002yCat.2237....0D
.
- ↑
Carney, Bruce W.
et al
. (March 2008), "Rotation and Macroturbulence in Metal-Poor Field Red Giant and Red Horizontal Branch Stars",
The Astronomical Journal
135
(3): 892?906,
doi
:
10.1088/0004-6256/135/3/892
,
Bibcode
:
2008AJ....135..892C
- ↑
5,0
5,1
Hatzes, A. P.
et al
. (July 2012), "The mass of the planet-hosting giant star β Geminorum determined from its p-mode oscillation spectrum",
Astronomy & Astrophysics
543
: 9,
doi
:
10.1051/0004-6361/201219332
, A98,
Bibcode
:
2012A&A...543A..98H
.
- ↑
6,0
6,1
6,2
6,3
6,4
6,5
6,6
6,7
Hatzes, A. P.
et al
. (2006), "Confirmation of the planet hypothesis for the long-period radial velocity variations of β Geminorum",
Astronomy and Astrophysics
457
(1): 335?341,
doi
:
10.1051/0004-6361:20065445
,
Bibcode
:
2006A&A...457..335H
- ↑
Mallik, Sushma V. (December 1999), "Lithium abundance and mass",
Astronomy and Astrophysics
352
: 495?507,
Bibcode
:
1999A&A...352..495M
- ↑
Takeda, Yoichi; Sato, Bun'ei; Murata, Daisuke (August 2008), "Stellar parameters and elemental abundances of late-G giants",
Publications of the Astronomical Society of Japan
60
(4): 781?802,
doi
:
10.1093/pasj/60.4.781
,
Bibcode
:
2008PASJ...60..781T
- ↑
9,0
9,1
Massarotti, Alessandro
et al
. (January 2008), "Rotational and Radial Velocities for a Sample of 761 HIPPARCOS Giants and the Role of Binarity",
The Astronomical Journal
135
(1): 209?231,
doi
:
10.1088/0004-6256/135/1/209
,
Bibcode
:
2008AJ....135..209M
- ↑
Petit, M. (October 1990), "Catalogue des etoiles variables ou suspectes dans le voisinage du Soleil" (in French),
Astronomy and Astrophysics Supplement
85
(2): 971,
Bibcode
:
1990A&AS...85..971P
.
- ↑
Garrison, R. F. (December 1993),
"Anchor Points for the MK System of Spectral Classification"
,
Bulletin of the American Astronomical Society
25
: 1319,
Bibcode
:
1993AAS...183.1710G
, archived from
the original
on 2019-06-25
,
https://web.archive.org/web/20190625094716/http://www.astro.utoronto.ca/~garrison/mkstds.html
, besoek op 2012-02-04
- ↑
"Pollux"
.
STARS
(in Engels). University of Illinois, Urbana, Illinois. 2008.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 3 September 2019
. Besoek op
29 Mei
2009
.
- ↑
"IAU Working Group on Star Names (WGSN)"
(in Engels).
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 13 Mei 2020
. Besoek op
22 Mei
2016
.
- ↑
"Bulletin of the IAU Working Group on Star Names, No. 1"
(PDF)
. Besoek op
28 Julie
2016
.
- ↑
Lee, T. A. (October 1970), "Photometry of high-luminosity M-type stars",
Astrophysical Journal
162
: 217,
doi
:
10.1086/150648
,
Bibcode
:
1970ApJ...162..217L
- ↑
Perryman, M. A. C.; Lindegren, L.; Kovalevsky, J. (July 1997), "The Hipparcos Catalogue",
Astronomy and Astrophysics
323
: L49?L52,
Bibcode
:
1997A&A...323L..49P
- ↑
Perryman, Michael (2010),
"The Making of History's Greatest Star Map"
,
Astronomers' Universe
(Heidelberg: Springer-Verlag),
doi
:
10.1007/978-3-642-11602-5
,
ISBN
978-3-642-11601-8
,
Bibcode
:
2010mhgs.book.....P
,
http://cds.cern.ch/record/1338896
- ↑
18,0
18,1
Auriere, M.
et al
. (September 2009), "Discovery of a weak magnetic field in the photosphere of the single giant Pollux",
Astronomy and Astrophysics
504
(1): 231?237,
doi
:
10.1051/0004-6361/200912050
,
Bibcode
:
2009A&A...504..231A
- ↑
"The Colour of Stars"
,
Australia Telescope, Outreach and Education
(Commonwealth Scientific and Industrial Research Organisation), December 21, 2004, archived from
the original
on 2012-03-10
,
https://www.webcitation.org/6630AbtJZ?url=http://outreach.atnf.csiro.au/education/senior/astrophysics/photometry_colour.html
, besoek op 2012-01-16
- ↑
A. P. Hatzes (1993). "Long-period radial velocity variations in three K giants".
The Astrophysical Journal
.
413
: 339?348.
Bibcode
:
1993ApJ...413..339H
.
doi
:
10.1086/173002
.
- ↑
Final Results of NameExoWorlds Public Vote Released
, International Astronomical Union, 15 Desember 2015.
- ↑
"NameExoWorlds"
.
nameexoworlds.iau.org
(in Engels). Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 12 Januarie 2019
. Besoek op
13 April
2018
.
- ↑
YOU helped name an exoplanet!
Geargiveer
7 Mei 2018 op
Wayback Machine
, TheSkyNet, 2015-12-17
Koordinate
:
07
h
45
m
19.4
s
, 28° 01′ 35″