in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
"The Assembly of the Gods" deur
Jacopo Zucchi
.
Politeisme
is die geloof en aanbidding in verskeie
godhede
of
Geeste
, wat die teenoorgestelde van
monoteisme
is.
Die verskil tussen
Panteisme
en
Panenteisme
is baie klein en filosofies.
Politeiste aanbid nie altyd al die gode gelyk nie; hulle kan
henoteiste
wees, wat spesialiseer in die aanbidding van een bepaalde godheid, of
kathenoteiste
, wat verskillende gode op verskillende tye aanbid.
Politeisme was die tipiese vorm van godsdiens voor die ontwikkeling en verspreiding van die
Abrahamitiese gelowe
van
Judaisme
,
Christendom
, en
Islam
, wat monoteisme afdwing. Dit is goed gedokumenteer deur die geskiedenis, vanaf
voorgeskiedenis
en die vroegste rekords van
antieke Egiptiese godsdiens
en
antieke Mesopotamiese godsdiens
tot die godsdienste wat gedurende die
Klassieke Oudheid
, soos
Antieke Griekse godsdiens
en
Antieke Romeinse godsdiens
, en in
Etniese godsdienste
soos
Germaanse
,
Slawiese
, en
Baltiese mitologie
en
Inheemse Amerikaanse godsdienste
.
Opmerklike politeistiese godsdienste wat vandag beoefen word, sluit in
Taoisme
,
Shenisme
of
Chinese volksgodsdiens
, Japannese
Sjintoisme
,
Santeria
, meeste
Tradisionele Afrika-godsdienste
,
[1]
en verskeie
neopaganistiese
gelowe soos
Wicca
.
Hindoeisme
, hoewel dit algemeen as politeisties beskou word, kan dit nie uitsluitlik as sodanig gekategoriseer word nie, aangesien sommige Hindoes hulself as panteiste beskou en ander hulself as monoteiste beskou. Beide is versoenbaar met Hindoe-tekste, aangesien daar geen konsensus van standaardisering in die geloof bestaan nie.
Vedanta
, die mees dominante skool van Hindoeisme, bied 'n kombinasie van panteisme en politeisme, deur te hou dat
Brahman
die enigste
uiteindelike werklikheid
van die heelal is, maar eenheid daarmee kan bereik word deur verskeie gode en godinne te aanbid.
- Assmann, Jan, 'Monotheism and Polytheism' in: Sarah Iles Johnston (ed.),
Religions of the Ancient World: A Guide
, Harvard University Press (2004),
ISBN 0-674-01517-7
, pp. 17?31.
- Burkert, Walter
,
Greek Religion: Archaic and Classical
, Blackwell (1985),
ISBN 0-631-15624-0
.
- Greer, John Michael;
A World Full of Gods: An Inquiry Into Polytheism
, ADF Publishing (2005),
ISBN 0-9765681-0-1
- Iles Johnston, Sarah;
Ancient Religions
, Belknap Press (September 15, 2007),
ISBN 0-674-02548-2
- Paper, Jordan;
The Deities are Many: A Polytheistic Theology
, State University of New York Press (March 3, 2005),
ISBN 978-0-7914-6387-1
- Penchansky, David,
Twilight of the Gods: Polytheism in the Hebrew Bible
(2005),
ISBN 0-664-22885-2
.
- Swarup, Ram, & Frawley, David (2001).
The word as revelation: Names of gods
. New Delhi: Voice of India.
ISBN 978-8185990682