in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
PlayStation
is 'n videospeletjiehandelsmerk wat bestaan uit vyf tuisvideospeletjiekonsoles, twee handstelsels, 'n mediasentrum en 'n slimfoon, asook 'n aanlyn diens en verskeie tydskrifte. Die handelsmerk word vervaardig deur
Sony Interactive Entertainment
, 'n afdeling van
Sony
; die eerste PlayStation-konsole is in Desember 1994 in Japan uitgereik, en wereldwyd die volgende jaar.
[1]