Plante
|
|
Wetenskaplike klassifikasie
|
Domein:
|
Eukaryota
|
(geen rang):
|
Diaphoretickes
|
(geen rang):
|
Archaeplastida
|
Koninkryk:
|
Plantae
sensu
Copeland, 1956
|
Superdivisies
|
|
Sinonieme
|
- Viridiplantae
Cavalier-Smith 1981
[1]
- Chlorobionta
Jeffrey 1982, emend. Bremer 1985, emend. Lewis and McCourt 2004
[2]
- Chlorobiota
Kenrick and Crane 1997
[3]
- Chloroplastida
Adl et al., 2005
[4]
- Phyta
Barkley 1939
emend.
Holt & Uidica 2007
- Cormophyta
Endlicher, 1836
- Cormobionta
Rothmaler, 1948
- Euplanta
Barkley, 1949
- Telomobionta
Takhtajan, 1964
- Embryobionta
Cronquist et al., 1966
- Metaphyta
Whittaker, 1969
|
Plante
is hoofsaaklik meersellige,
fotosintetiese
eukariote
van die
koninkryk
Plantae
. Dit bestaan uit meer as 300 000
spesies
, wat
organismes
insluit soos
bome
,
blomme
,
kruie
en
varings
.
Adiantum pedatum
('n
varing
).
Aristoteles
het alle lewende dinge in twee groepe ingedeel: "plante", wat gewoonlik nie beweeg of orgaansintuie het nie, en "
diere
", wat wel beweeg en sintuie het. Alle
alge
en
swamme
is dus ook as plante beskou.
Joseph Priestley
het 21 eeue later die rol van plante by die asemhaling en die uitwisseling van die gasse
suurstof
en
koolstofdioksied
bestudeer. Dit is sedertdien duidelik dat plante se belangrikste kenmerk is dat hulle die vermoe het om
energie
van
sonlig
vir
fotosintese
te benut.
[5]
Moderne klassifikasies sluit die swamme en sommige van die alge uit, sowel as die
prokariote
(die
Archaea
en
bakteriee
). Die
klade
Viridiplantae
(
Latyn
vir "groen plante") sluit die
bedeksadiges
,
naaldbome
en ander
naaksadiges
,
varings
en hulle verwante,
horingblad
,
lewermosse
,
mosse
en die
groenalge
in, maar sluit die
rooi-
en
bruinalge
uit.
Groen plante verkry die meeste van hulle energie van sonlig deur fotosintese deurdat primere
chloroplaste
verkry word uit
endosimbiose
met
sianobakteriee
. Hulle chloroplaste bevat
chlorofil
a en b, wat hulle hulle groen kleur gee. Sommige plante is
parasiete
en het die vermoe verloor om normale hoeveelhede chlorofil te vervaardig of te fotosintetiseer. Plante word gekenmerk deur seksuele
voortplanting
en
generasiewisseling
, hoewel aseksuele voortplanting ook algemeen is.
Tussen 260 000 en 290 000 van die sowat 320 000 plantspesies vervaardig
sade
.
[6]
Groen plante verskaf ’n aansienlike deel van die wereld se molekulere suurstof,
[7]
en vorm die basis van die meeste
ekostelsels
. Plante wat
graan
,
vrugte
en
groente
vervaardig, verskaf ook basiese
kos
aan die
mens
en word al
millenniums
lank gedomestiseer. Plante word ook gebruik as ornamente en skryf- en boumateriaal, en vir
medisyne
. Die wetenskaplike bestudering van plante staan bekend as
plantkunde
of botanie, ’n tak van
biologie
.
Bedeksadig:
Magnolia virginiana
.
Naaksadig:
Picea glauca
.
'n Eenvoudige kladogram van groen plante is:
Viridiplantae
|
|
Groenalge
|
|
landplante
|
|
lewermosse (Marchantiophyta)
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Stockmansella langii
, een van die oudste plante uit die Devoon. Die plante het nog geen blare gehad nie; net stingels.
Die
evolusie
van plante het gelei tot ’n toename in vlakke van ingewikkeldheid, van die vroegste alge tot die komplekse bedek- en naaksadiges van vandag.
’n Laag alge het 1,2 miljard jaar gelede op land gevorm, maar eers in die
Ordovisium
-
periode
, sowat 450 miljoen jaar gelede, het landplante hulle verskyning gemaak.
[8]
Daar is egter nuwe bewyse in
Prekambriese
gesteentes gevind wat daarop dui dat komplekse fotosintetiese plante meer as 1 miljard jaar gelede ontwikkel het.
[9]
Woude het teen die laat Devoon begin vorm.
Meer as ’n eeu lank is geglo die voorlopers van landplante het in ’n wateromgewing ontstaan en later by ’n lewe op land aangepas, ’n idee wat gewoonlik toegeskryf word aan die botanis Frederick Orpen Bower in sy boek van 1908,
The Origin of a Land Flora
. ’n Onlangse alternatiewe teorie, wat deur genetiese bewyse ondersteun word, is dat hulle uit eensellige alge op land ontwikkel het,
[10]
en dat selfs die gemeenskaplike voorloper van rooi- en groenalge, asook eensellige varswateralge, in ’n landomgewing in varswater-biofilms ontstaan het.
[11]
Primitiewe landplante het in die laat
Siluur
, sowat 420 miljoen jaar gelede, begin diversifiseer en teen die middel van die
Devoon
was die meeste eienskappe wat vandag in plante gesien word, teenwoordig ? insluitende
wortels
,
blare
en sekondere
hout
. Teen die laat Devoon het sade ontwikkel.
[12]
Plante het teen die laat Devoon dus ’n graad van sofistikasie bereik wat die vorming van woude met hoe bome moontlik gemaak het. Evolusie-innonvasies het in die
Kryt
en latere periodes voorgeduur en kom vandag steeds voor. Die meeste plantgroepe het taamlik ongedeerd van die
Perm-Trias-uitwissing
afgekom, hoewel die strukture van gemeenskappe verander het. Dit kon gelei het tot die evolusie van blomplante in die
Trias
(sowat 200 miljoen jaar gelede), wat ’n ontploffing in die Kryt en
Tersier
ondergaan het. Die laaste groot groep plante wat ontwikkel het, was die
grasse
, wat in die middel van die Tersier, vanaf omtrent 40 miljoen jaar gelede, belangrik geword het. Die grasse, asook baie ander groepe, het nuwe maniere van
metabolisme
ontwikkel om die min
koolstofdioksied
en warm, droe toestande van die
trope
oor die afgelope 10 miljoen jaar te oorleef.
Dicksonia antarctica
, ’n spesie boomvaring.
Die plante wat waarskynlik die bekendste is, is die veelsellige landplante,
Embryophytes
. Dit sluit
vaatplante
soos varings, naaldbome en bomplante in, asook die
briofiete
, waarvan blaarmosse en lewermosse die algemeenstes is.
Al hierdie plante het
eukariotiese
selle
, met selwande wat uit
sellulose
bestaan, en die meeste verkry hulle energie deur fotosintese ? die gebruik van lig,
water
en koolstofdioksied om kos te fotosintetiseer. Sowat 300 plantspesies is nie in staat tot fotosintese nie en parasiteer op ander plante. Embriofiete word onderskei van groenalge, wat ’n soort fotosintese gebruik soos die plante waaruit moderne plante vermoedelik ontwikkel het; hulle het gespesialiseerde voortplantingsorgane wat deur nievoortplantingsweefsel beskerm word.
Briofiete het in die vroee
Paleosoikum
hulle verskyning gemaak. Hulle kom hoofsaaklik voor in omgewings waar vog vir aansienlike tydperke teenwoordig is, hoewel sommige spesies teen verdroging bestand is. Vaatplante het in die Siluur ontstaan en teen die Devoon gediversifiseer en na baie verskillende omgewings versprei. Hulle het ’n aantal aanpassings ondergaan wat hulle toegelaat het om in al hoe droer gebiede te oorleef, veral die vaatweefsel wat water en kos deur die hele organisme vervoer. Wortelstelsels, wat hulle in staat gestel het om water en voedingstowwe uit die grond te haal het ook in die Devoon ontwikkel.
Die eerste saadplante, pteridosperma (saadvarings), nou uitgesterf, het in die Devoon ontwikkel en deur die Kryt gediversifiseer. Hulle was die voorlopers van moderne naaksadiges, waarvan vier groepe vandag wydverspreid voorkom: veral die naaldbome, wat in verskeie
biome
die oorheersende bome is. Die naam "naaksadiges" kom van die feit dat die plante se sade nie in ’n beskermende struktuur voorkom nie, maar naak gedra word.
Struktuur, groei en ontwikkeling
[
wysig
|
wysig bron
]
Die blaar is gewoonlik die belangrikste plek waar fotosintese in plante geskied.
Die meeste van die soliede materiaal in ’n plant word uit die
atmosfeer
geneem. Deur fotosintese gebruik die meeste plante die energie in sonlig om koolstofdioksied uit die atmosfeer en water in eenvoudige
suikers
om te skakel. Hierdie suikers word dan as boustene gebruik en vorm die hoofstruktuur van die plant. Chlorofil, ’n groen
magnesiumbevattende
pigment
, is noodsaaklik vir die proses; dit kom gewoonlik in die
blare
voor en dikwels ook in ander dele van die plant.
Plante maak op grond staat vir steun en water, maar kry ook samestellings van
stikstof
,
fosfor
,
kalium
, magnesium en ander voedingstowwe daaruit.
Lug-
en
rotsplante
is van lug en afval in die omgewing afhanklik vir voedingstowwe, en
vleisetende plante
verkry hulle voedingstowwe, veral stikstof en fosfor, uit
insekte
wat hulle vang. Die meeste plante het ook suurstof in die atmosfeer en om hulle wortels nodig vir asemhaling. Plante gebruik suurstof en
glukose
(wat uit gestoorde
stysel
verkry kan word) om energie te verskaf.
[13]
Sommige plante groei in die water en gebruik suurstof wat in die omringende water opgelos is, en ’n paar gespesialiseerde vaatplante, soos
wortelbome
en
fluitjiesriete
,
[14]
kan groei met hulle wortels in anoksiese water (met baie min opgeloste suurstof).
Faktore wat groei beinvloed
[
wysig
|
wysig bron
]
Daar is in die
herfs
geen fotosintese in die blare van bladwisselende plante nie.
Die
genoom
van ’n plant beheer sy groei. Sekere varieteite of genotipes koring groei byvoorbeeld vinnig en is binne 110 dae ryp, terwyl ander in dieselfde omgewing eers binne 155 dae sal ryp word.
[15]
Groei word ook deur omgewingsfaktore beinvloed, soos
temperatuur
, beskikbare water, lig en koolstofdioksied en beskikbare voedingstowwe in die grond. Enige verandering in die beskikbaarheid van hierdie toestande sal in hulle groei weerspieel word. Biotiese faktore kan ook ’n rol in groei speel. Plante kan so dig wees dat geen enkele plant normaal kan groei nie. Optimale plantgroei kan ook belemmer word deur plantvretende diere, swak grondsamestellings en deur insekte of
plantsiektes
.
[15]
Baie plante se groei hang van die
seisoene
af.
Jaarplante
groei en plant voort in een groeiseisoen, tweejarige plante in twee seisoene en
meerjarige plante
oorleef baie seisoene ? en as hulle eers volgroeid is, sal hulle dikwels jaarliks voortplant. Dit hang gewoonlik af van klimaats- en ander omgewingsfaktore. Plante wat in berg- of gematigde streke eenjarig is, kan in warmer klimate meerjarig wees. Onder vaatplante kom beide
immergroen
en
bladwisselende
plante voor. Eersgenoemde behou hulle blare deur die jaar, terwyl laasgenoemde hulle blare vir ’n sekere tyd van die jaar verloor.
Plante se groeitempo wissel baie. Sommige mosse groei minder as 0,001 mm per uur, terwyl die meeste bome 0,025 tot 0,250 mm per uur groei.
- ↑
Cavalier-Smith, T. (1981). "Eukaryote kingdoms: Seven or nine?".
BioSystems
.
14
(3?4): 461?481.
doi
:
10.1016/0303-2647(81)90050-2
.
PMID
7337818
.
- ↑
Lewis, L.A.; McCourt, R.M. (2004). "Green algae and the origin of land plants".
American Journal of Botany
.
91
(10): 1535?1556.
doi
:
10.3732/ajb.91.10.1535
.
PMID
21652308
.
- ↑
Kenrick, Paul; Crane, Peter R. (1997).
The origin and early diversification of land plants: A cladistic study
. Washington, D.C.: Smithsonian Institution Press.
ISBN
978-1-56098-730-7
.
- ↑
Adl, S.M. et al. (2005).
"The new higher level classification of eukaryotes with emphasis on the taxonomy of protists"
.
The Journal of Eukaryotic Microbiology
.
52
(5): 399?451.
doi
:
10.1111/j.1550-7408.2005.00053.x
.
PMID
16248873
.
S2CID
8060916
.
{{
cite journal
}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (
link
)
- ↑
"innominatesociety"
(in Engels). Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 28 Desember 2017
. Besoek op
12 Julie
2017
.
- ↑
"Numbers of threatened species by major groups of organisms (1996?2010)"
(PDF)
. International Union for Conservation of Nature. 11 Maart 2010. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
(PDF)
op 21 Julie 2011
. Besoek op
27 April
2011
.
- ↑
Field, C.B.; Behrenfeld, M.J.; Randerson, J.T.; Falkowski, P. (1998).
"Primary production of the biosphere: Integrating terrestrial and oceanic components"
.
Science
.
281
(5374): 237?240.
Bibcode
:
1998Sci...281..237F
.
doi
:
10.1126/science.281.5374.237
.
PMID
9657713
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 25 September 2018
. Besoek op
10 September
2018
.
- ↑
Transition of plants to land
Geargiveer
2 Maart 2008 op
Wayback Machine
- ↑
Strother, Paul K.; Battison, Leila; Brasier, Martin D.; Wellman, Charles H. (26 Mei 2011). "Earth's earliest non-marine eukaryotes".
Nature
.
473
(7348): 505?509.
Bibcode
:
2011Natur.473..505S
.
doi
:
10.1038/nature09943
.
PMID
21490597
.
- ↑
Harholt, Jesper; Moestrup, Øjvind; Ulvskov, Peter (1 Februarie 2016).
"Why Plants Were Terrestrial from the Beginning"
.
Trends in Plant Science
.
21
(2): 96?101.
doi
:
10.1016/j.tplants.2015.11.010
.
PMID
26706443
.
- ↑
Ponce-Toledo, R. I.; Deschamps, P.; Lopez-Garcia, P.; Zivanovic, Y.; Benzerara, K.; Moreira, D. (2017).
"An early-branching freshwater cyanobacterium at the origin of plastids"
.
Current Biology
.
27
(3): 386?391.
doi
:
10.1016/j.cub.2016.11.056
.
PMC
5650054
.
PMID
28132810
.
- ↑
Rothwell, G.W.; Scheckler, S.E.; Gillespie, W.H. (1989). "
Elkinsia
gen. nov., a Late Devonian gymnosperm with cupulate ovules".
Botanical Gazette
.
150
(2): 170?189.
doi
:
10.1086/337763
.
JSTOR
2995234
.
- ↑
Wilson, Edward O. (1973).
Life on Earth
(1ste uitg.). Stamford, Conn., Sinauer Associates. p.
145
.
ISBN
978-0-87893-934-3
.
- ↑
R.M.M., Crawford (1982). "Physiological responses in flooding".
Encyclopedia of Plant Physiology
.
12B
: 453?477.
- ↑
15,0
15,1
Robbins, W.W.; Weier, T.E.;
et al.
,
Botany: Plant Science
, 3de uitg., Wiley International, New York, 1965.