in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Pinchas Zukerman
|
---|
Geboortenaam
| (
Hebreeus
) ???? ??????
|
---|
Gebore
| 16 Julie 1948
(
1948-07-16
)
(75 jaar oud)
Tel Aviv
|
---|
Beroep(e)
| Musikus
|
---|
Instrumente
| Viool, altviool
|
---|
Pinchas Zukerman
(gebore
16 Julie
1948
,
Tel Aviv
) is 'n
Israeliese
vioolspeler, altvioolspeler, en dirigent wat in April 1998 in die pos as Direkteur van
Ottawa
se Nasionale Kunstesentrum-orkes aangestel is. Zukerman is in Tel Aviv tot Yehuda en Miriam Lieberman Zukerman gebore. Hy het na die
VSA
vertrek en aan Juilliard School gestudeer.
In 1963 het hy sy debuut in
New York
gemaak. Hy het in 1966 die Young Concert Artists International Auditions gewen. Vanaf 1980 tot 1987 was hy die direkteur van die St. Paul-kamerorkes in
Minnesota
.