in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Pietro Perugino
(ca. 1450?1523) was 'n
Italiaanse
skilder
. Daar is min oor sy skoling bekend, maar sy eerste ontwikkelings is duidelik beinvloed deur
Andrea del Verocchio
en sy jare in Verrocchio se
Florentynse
werkswinkel
, waar hy saam met
Leonardo da Vinci
gewerk het. Ook die skilderye van
Piero della Francesca
het 'n belangrike invloed op hom gehad. Perugino het in 1472 by die Florentyse skildersgilde aangesluit.
Hy het in 1481 na
Rome
vertrek om te help met die
fresko
's aan die mure van die
Sikstynse Kapel
. Tussen 1486 en 1496 was hy weer terug in Florence en dit is in die stad waar hy baie van sy bekende werke geskep het. Hierna het hy tussen
Venesie
,
Mantua
,
Milaan
en
Perugia
rondgetrek.
Perugino was 'n tipiese verteenwoordiger van die Umbriese skool, veral as die dromerige stemming, vrede en harmonie in sy werke in ag geneem word. Hy het self ook talle leerlinge gehad, onder andere
Raphael
.
- Andreas Schumacher (Hrsg.):
Perugino ? Raffaels Meister.
1. Auflage. Hatje Cantz Verlag, 2011,
ISBN 978-3-7757-3159-1
.
- Joseph Antenucci Becherer (Hrsg.):
Pietro Perugino: Master of the Italian Renaissance.
Rizzoli, New York 1997,
ISBN 0-942159-20-9
.
- Fiorenzo Canuti:
Il Perugino.
La Diana, Siena 1983 (Repr.),
ISBN 88-85659-07-1
.
- Vittoria Garibaldi:
Perugino.
Giunti Editore 2004,
ISBN 88-09-03544-5
.