in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Piet de Jager
(22 Januarie 1953 ? 12 Januarie 2023) was ’n
Afrikaanse
regsgeleerde, wat veral bekendheid verwerf as rolprentmaker en
digter
.
Piet de Jager is in 1953 in
Bethal
gebore as die seun van Salmon de Jager, ’n landdros. Weens sy pa se beroep trek hulle baie en hy word groot in Kaapstad, Kimberley en Durban. Hy matrikuleer aan die Hoerskool Andrew Rabie in
Port Elizabeth
. Sy universiteitsopleiding is aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat en hy behaal hier ’n B.A.-graad in die Regte en ’n M.A.-graad in Staatsfilosofie, waarna hy die LL.B.-graad aan die Universiteit van Suid-Afrika verwerf. Hy word in 1982 as advokaat toegelaat tot die Pretoria-balie, waar hy in 1997 senior status (S.C.) verwerf. In sy regsloopbaan is hy betrokke by verskeie opspraakwekkende sake, waaronder die
Trojaanse perd
-saak van die middel 1980’s, die Harms-kommissie oor korrupsie en die
Burgerlike Samewerkingsburo
(BSB) van die 1990’s. Hy het sowel generaal
Magnus Malan
as president
P.W. Botha
in die hof verdedig. Hy was getroud met Luitha, ’n gimnastiek-afrigter, wat hy op universiteit in Bloemfontein leer ken het, en hulle het in Bronkhorstspruit gewoon. Hulle het vier kinders, drie seuns (Sallas, Dawie en Pieter) en ’n dogter (Elena). Saam met sy seun Sallas begin hy Bosbok 6 Films, ’n produksiemaatskappy wat genoem is na hulle straatadres in
Bronkhorstspruit
. Op Bronkhorstspruit bedryf hy ook ’n kwekery.
Sy gedigte word gebundel in “
Ouhout
”, wat deur Zerk de Villiers geillustreer word. Hy vertaal
Albert Camus
se “
La peste
” as “
Die pes
[1]
” in Afrikaans. In hierdie boek word die stad Oran deur ’n epidemie vernietig, maar Camus se werk is
allegories
van aard en verwys enersyds na die
Nazi
-besetting van
Frankryk
en andersyds na die menslike kondisie, waar die pes nooit verdwyn nie.
Piet vervaardig ook rolprente en staan so aan die hoof van die vervaardiging van “
Roepman
” van
Jan van Tonder
en die fliek oor die
Anglo-Boereoorlog
, “
Verraaiers
”, wat deur
Albert Blake
se boek “
Boereverraaiers
” geinspireer is. Hierna volg “Stuur groete vir Mannetjies Roux”, waarin die bekende liedjie van
Laurika Rauch
’n groot rol speel, en “Musiek vir die agtergrond. Sy eerste rolprent in Engels is “
Losing Molly
”, wat gegrond is op die ware verhaal van die struggle-advokaat
Bram Fischer
se tragiese verval nadat sy vrou in ’n fratsongeluk oorlede is.
Jaar
|
Publikasie
|
2005
|
Ouhout
|
|
Vertaling
|
2012
|
Die pes- Albert Camus
|
|
Rolprente
|
2010
|
Roepman
|
2013
|
Verraaiers
|
2014
|
Musiek vir die agtergrond
|
|
Stuur groete vir Mannetjies Roux
|
- De Jager, Piet “Oorlog is mense se waansin” “Rapport” 20 Januarie 2013
- Schoombie, Schalk “Die menslike verhaal boei my” “By” 4 Mei 2013
- Stehle, Rudolf “Persoonlike projek lei tot Camus-vertaling” “Beeld” 23 Augustus 2012
- ↑
Meiring, Eben “Beeld” 19 November 2012
Rossouw, Johann “Tydskrif vir Letterkunde” Nuwe reeks 50 no. 1 Herfs 2013