in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Pierce Brosnan
(1953-) is ’n
Ierse
akteur
, bekend vir sy rol as
James Bond
in flieks soos
Golden Eye
(1995) en
Die Another Day
(2002).
[1]
Pierce Brendan Brosnan is op
16 Mei
1953
in
Drogheda
,
Ierland
gebore, maar word in
Navan
groot. Sy pa was die meubelmaker, Thomas Brosnan, en sy ma May Smith. Na sy ouers se egskeiding word Brosnan deur sy grootouers en ander familielede opgevoed. In 1964 verhuis hy na
Londen
. Hy verlaat skool op 16 en begin in 1973 teaterwetenskappe studeer.
Na sy toneelwerk word Brosnan bekend vir sy rol in NBC se TV-speurreeks,
Remington Steele
(1982?87). Daarna verskyn hy in rolprente soos die
Koue Oorlog
-spioenfilm
The Fourth Protocol
(1987) en die komedie
Mev. Doubtfire
(1993).
In 1994 word hy die vyfde akteur om die rol van
James Bond
te speel. Tussen 1995 en 2002 het hy die hoofrol in vier van Eon-produksies se Bond-prente vertolk. Sy stem en voorkoms is ook in die videospel,
James Bond 007: Everything or Nothing
(2004) gebruik.
In 1996 stig hy en Beau St. Clair die
Irish Dreamtime
-produksiemaatskappy. Saam produseer hulle onder andere
The Thomas Crown Affair
(1999) met Brosnan in die hoofrol.
In 2001 speel hy weer 'n geheime agent in die fliek
The Tailor of Panama
, en 2004 is hy 'n meesterdief in die fliek
After the Sunset
.
In 1997 ontvang hy 'n ster op die
Hollywood Walk of Fame
en in 2003 is hy met die
Orde van die Britse Ryk
vereer.
Brosnan was van 1980 tot haar dood in 1991 met die Australiese Bond-aktrise Cassandra Harris getroud. In 2001 trou hy met die Amerikaanse joernalis en outeur Keely Shaye Smith, en word hy in 2004 'n Amerikaanse burger.
- The Long Good Friday
(1980)
- The Mirror Crack'd
(1980)
- Nomads
(1986)
- Taffin
(1987)
- The Fourth Protocol
(1987)
- The Deceivers
(1988)
- Noble House
(1988)
- Around the World in Eighty
(1989)
- Mister Johnson
(1990)
- The Lawnmower Man
(1992)
- Live Wire
(1992)
- Mrs. Doubtfire(1993)
- Death Train(1993)
- Love Affair
(1994)
- Night Watch
(1995)
- GoldenEye
(1995)
- Mars Attacks
(1996)
- The Mirror Has Two Faces
(1996)
- Robinson Crusoe The Movie
(1997)
- Tomorrow Never Dies
(1997)
- Dante's Peak
(1997)
- Quest for Camelot
(1998)
- Grey Owl
(1999)
- The World Is Not Enough
(1999)
- The Thomas Crown Affair
(1999)
- The Tailor of Panama
(2001)
- Die Another Day
(2002)
- Evelyn
(2002)
- After the Sunset
(2004)
- Laws of Attraction
(2004)
- The Matador
(2005)
- Seraphim Falls
(2007)
- Butterfly on a Wheel
(2007)
- Married Life
(2007)
- The Topkapi Affair
(2008)
- Mamma Mia
(2008)
- Caitlin
(2008)
- The Greatest
(2009)
- The Ghost Writer
(2010)
- Remember Me
(2010)
- Oceans
(2010)
- Salvation Boulevard
(2011)
- I Don't Know How She Does It
(2011)
- Bag of Bones
(2011)
- Love Is All You Need
(2013)
- The World's End
(2013)
- The Love Punch
(2014)
- A Long Way Dow
(2014)
- The November Man
(2014)
- Some Kind of Beautiful
(2015)
- Survivor
(2015)
- No Escape
(2015)
- Urge
(2015)
- The Moon and The Sun