Pier Gerlofs Donia

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Pier Gerlofs Donia
Koperplaat van Grutte Pier, uit Chronycke ofte Historische Geschiedenis van Frieslant gepubliseer in 1622. [1]
Gebore 1480
Sterf 28 Oktober 1520
Nasionaliteit Friesland ( Nederland )
Beroep boer en vryheidsvegter
Bekend vir leier van 'n Friese rebellie tussen 1515 en 1519
Titel Grutte Pier
Eggenoot Rintsje Syrtsema
Kinders Gerlof Piers Donia
Wobbel Piers Donia
Ouer(s) Gerlof Piers Donia en Fokel Sybrants Bonga
Standbeeld van Grote Pier in Kimswerd, Friesland.
Skildery van Donia waar hy veg vir die vryheid van sy mense. Die skildery is getiteld: " Dapperheid van Grote Pier "

Pier Gerlofs Donia ( Kimswerd , 1480 ? Sneek , 28 Oktober 1520 ) was 'n Friese vryheidsvegter, volksheld, piraat en rebel. Hy was 'n enorme man en daar is gese dat hy heelwat langer as 7 voet hoog gestaan het. Donia was hoofsaaklik bekend as vryheidsvegter vir die onafhanklikheid van Friesland (deesdae 'n provinsie van Nederland ). Vanwee sy legendariese grootte en krag het hy ook die bynaam "Grote Pier" ( Wes-Fries : Grutte Pier ) gekry. Alhoewel niemand sy bestaan betwyfel nie, is die details van sy lewe in legende gehul.

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

  1. Pierius Winsemius. Chronycke ofte Historische Geschiedenis van Vrieslant', gepubliseer in 1622.

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]