Phil Mickelson

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Phil Mickelson
By die 2008 V.S. Ope te Torrey Pines
Persoonlike inligting
Volle naam Philip Alfred Mickelson
Bynaam Lefty
Gebore 16 Junie 1970 ( 1970-06-16 ) (53 jaar oud)
San Diego , Kalifornie
Hoogte 1,91 m
Gewig 91 kg
Nasionaliteit Vlag van Verenigde State van Amerika  Verenigde State
Eggennoot Amy McBride
(getroud 1996)
Kinders Amanda, Sophia, Evan
Loopbaan
Kollege Arizona Staatsuniversiteit
Professioneel geword 1992
Huidige toernooie PGA Toer (sedert 1992)
Professionele oorwinnings 51
Hoogste rang 2 (1 Februarie 2001) [1]
Aantal oorwinnings volgens toernooi
PGA-toernooi 42
Europese toernooi 9
Challenge-toernooi 1
Ander 5
Beste uitslae in groot kampioenskappe
(wenne: 5)
Meesterstoernooi Wen: 2004, 2006, 2010
PGA-kampioenskap Wen: 2005
V.S.-ope 2de: 1999, 2002, 2004, 2006, 2009, 2013
Britse Ope Wen: 2013
Prestasies en toekennings
World Golf Hall of Fame 2012 ( member page )
Haskins-toekenning 1990, 1991, 1992

Philip Alfred Mickelson (gebore 16 Junie 1970), met die bynaam Lefty , is 'n Amerikaanse professionele gholfspeler . Hy het reeds 44 toernooie op die PGA-toer gewen, insluitend vyf groot kampioenskappe: drie Meesterstitels (2004, 2006, 2010), 'n PGA-kampioenskap (2005), [2] en 'n Opekampioenskap (2013). [3]

Mickelson is een van 12 gholfspelers in die geskiedenis van die sport om ten minste drie van die vier majors te wen. [4] Hy het elke grote behalwe die VS-Ope, gewen, waar hy 'n rekord ses keer die naaswenner was. [5]

Mickelson was vir meer as 700 weke in die top-10 van die Amptelike Gholfwereldranglys, [6] met 'n loopbaan-hoogste van tweede op die wereldranglys (reeds 'n paar keer) en is 'n lewenslange lid van die PGA-Toer. Mickelson is bekend vir sy linkshandige swaai, selfs al is hy andersins regshandig. Hy is in Mei 2012 ingelyf in die "World Golf Hall of Fame". [7]

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

  1. "Week 06 2001 Ending 11 Feb 2001" (pdf) . OWGR . Besoek op 20 Desember 2018 .
  2. Total purse .
  3. "Mickelson's "Peaceful" Day" (in Engels). The Open. 21 Julie 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Julie 2014 . Besoek op 16 Oktober 2013 .
  4. "rory-McIlroys-historic open victory" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Februarie 2019.
  5. Casey, Phil (22 Julie 2013). "Mickelson targets Grand Slam of victories after sealing Open glory at Muirfield" . Daily Mail (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2016 . Besoek op 26 Julie 2013 .
  6. "Golf ranking stats" . Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Julie 2019.
  7. "World Golf Hall of Fame to induct Mickelson in 2012" (in Engels). PGA Tour. 10 November 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Oktober 2018 . Besoek op 25 Julie 2013 .