in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Peter Klatzow
|
---|
Geboortenaam
| Peter James Leonard Klatzow
|
---|
Gebore
| (
1945-07-14
)
14 Julie 1945
Springs
,
Transvaal
|
---|
Sterf
| 29 Desember 2021 (op 76)
Kaapstad
|
---|
Beroep(e)
| Komponis
|
---|
Instrumente
| Klavier
|
---|
Peter James Leonard Klatzow
, (
14 Julie
1945
te
Springs
,
Gauteng
-
29 Desember
2021
,
Kaapstad
) was 'n Suid-Afrikaanse
komponis
en
pianis
. Hy het reeds op 4-jarige ouderdom begin klavier speel en van 1951 tot 1957 klavieronderrig by Lilly Shapiro ontvang en tot in 1962 by Julienne Brown en Aida Lovell. Gedurende 1963 het hy Afrikaans en musiek in
Swaziland
gedoseer. Nadat hy 'n
SAMRO
-studiebeurs ontvang het, het hy in 1964 aan die
Royal College of Music
in
Londen
onder Kathleen Long klavier en onder Bernard Stevens komposisie begin studeer.
Hy het ook orkestrasie bestudeer. In 1965 het Klatzow die Royal Philharmonic-prys vir Statebondskomponiste onder die ouderdom van 30 verower, asook die Ascherberg, Hopwood & Crewe-prys en die Octavia-reisbeurs. In 1966 het hy by die gevierde Nadia Boulanger aan die
Cite Internationale des Arts
in Parys gestudeer. Na sy terugkeer na
Suidelike Afrika
het hy dosent in klavier, harmonie en komposisie aan die destydse Rhodesiese Musiekkollege in Harare (toe Salisbury) geword.
Hy was ook twee jaar lank dirigent van
Harare
se stadsorkes en het 'n televisiereeks aangebied. In 1968 is hy aangestel as musiekregisseur by die radiodiens van die
SAUK
en na 'n studiejaar in 1972 in Engeland het hy in 1973 lektor in komposisie aan die
Suid-Afrikaanse Musiekkollege
van die
Universiteit van Kaapstad
geword. Klatzow is 'n produktiewe komponis en het veral 'n groot hoeveelheid kamermusiek gekomponeer. Sy
Contours and Transformations
(1977) vir kitaar, fluit, klarinet, harp, slagwerk en elektroniese orrel het in 1977 'n prys van die Toronto-kitaarvereniging in samewerking met die Internasionale Kitaarfees gewen.
In dieselfde jaar het hy die eerste prys verower in die Stroud-fees se internasionale komponistewedstryd vir sy
Trio vir horing, viool en klavier
. Hy het 'n aantal Engelse gedigte en Shakespeare-tekste sowel as Afrikaanse gedigte getoonset, onder andere
Die dans van die reen
(vir koor en orkes; 1963) en
Tyd van verhuising
(vir sopraan, fluit en kitaar; 1977) van onderskeidelik
Eugene Marais
en
Ernst van Heerden
. Onder sy orkeswerke tel 'n horingkonsert, die ballet
Die drie diere
(1978), en die
Phoenix-simfonie
(1972), opgedra aan Edgar Cree.