한국   대만   중국   일본 
Pella - Wikipedia Gaan na inhoud

Pella

Koordinate : 29°2′0″S 19°9′0″O  /  29.03333°S 19.15000°O  / -29.03333; 19.15000
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Pella
Katedraal van Pella
Katedraal van Pella
Pella is in Noord-Kaap
Pella
Pella
 Pella se ligging in Noord-Kaap
Koordinate: 29°2′0″S 19°9′0″O  /  29.03333°S 19.15000°O  / -29.03333; 19.15000
Land Vlag van Suid-Afrika  Suid-Afrika
Provinsie Noord-Kaap
Distrik Namakwa
Munisipaliteit Khai-Ma
Stigting 1814
Oppervlak
 ? Totaal 477,83 km 2 (184,49 vk. myl)
Bevolking
  (2011) [1]
 ? Totaal 2 470
 ? Digtheid 5/km 2 (10/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 ?  Wit mense 0.4%
 ?  Indiers/Asiers 0.2%
 ?  Bruin mense 96.1%
 ?  Swart mense 2.8%
 ?  Ander 0.5%
Taal (2011)
 ?  Afrikaans 97.5%
 ?  Ander 2.5%
Poskode (strate)
8891
Poskode (posbusse)
8891
Skakelkode 054
Pella Cathedral
Catholic Cathedral Pella, Northern Cape

Pella is 'n dorp en sendingpos noordwes van Pofadder in die provinsie Noord-Kaap van Suid-Afrika . Die dorp is omstreeks 1814 as 'n sendingpos van die Londense Sendinggenootskap gestig, toe Christen -Khoisan hulle in die gebied gevestig het. Die dorp se naam is afgelei van die Palestynse dorp Pella, 'n antieke toevlugsoord van Christene tydens die vervolging deur Romeinse owerhede. Pella is later deur die Rynse Sendinggenootskap en in 1875 uiteindelik deur die Rooms-Katolieke Kerk oorgeneem.

Die kerk op Pella is deur Franse sendelinge opgerig, en hulle het ook die eerste dadelboord aangele. Vandag staan Pella bekend vir sy dadels van hoe gehalte, terwyl sy omgewing met 'n verskeidenheid geologiese formasies spog. Halfedelstene is volop in die gebied. Pellaberg is ongeveer 4 km noordwes van Pella.

Sien ook [ wysig | wysig bron ]

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Pella" . Sensus 2011 .

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]