in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Patricia Berjak
|
Alma mater
|
- University of the Witwatersrand
- University of Natal
|
Patricia Berjak
FRSSAf
(29 Desember 1939 ? 21 Januarie 2015) was 'n Suid-Afrikaanse botanis wat bekend was vir haar werk oor die biologie van
plantsade
, veral saadverset.
[1]
[2]
[3]
Sy was 48 jaar lank professor aan die
Universiteit van Kwazulu-Natal
(UKZN).
Berjak het haar B.Sc. graad in biochemie aan die
Universiteit van die Witwatersrand
(1962) verwerf, en verder by die Universiteit van Natal (nou UKZN) gestudeer, waar sy haar M.Sc. in soogdierfisiologie en biochemie (1966) en PhD in saadbiologie (1969) verwerf het. Sy was 'n lid van die
Akademie vir Wetenskap van Suid-Afrika
, en 'n Genoot van die Universiteit van Natal, die
Royal Society of South-Africa
en die Derde Wereld Akademie van Wetenskappe. Sy is bekroon met die
Orde van Mapungubwe (Silwer)
in 2006.
[4]
Die standaard benaming
Berjak
word gebruik om haar as outeur aan te gee by botaniese name.
- Sooryamoorthy, R. (2015). "Collaboration Experience: Portrait of an Eminent Scientist".
Transforming Science in South Africa: Development, Collaboration and Productivity
. Palgrave Macmillan UK. pp. 226?.
ISBN
978-1-137-49307-1
.