Paasfees
(
Grieks
: Π?σχα;
Latyn
:
pascha
, albei afgelei van
Hebreeus
:
Pesach
) is een van die belangrikste gelowige feeste in die
Christelike
kerklike jaar
en word tussen laat Maart tot vroeg April gevier (vroeg April tot vroeg Mei in vroee Christendom). Paasfees vier die opstanding van
Jesus Christus
, wat, volgens sy volgelinge, op die derde dag na sy
kruisiging
uit die dood uit opgestaan het (ongeveer 27 tot 33 n.C.).
Paasfees verwys ook na 'n seisoen in die kerkjaar, en duur vir vyftig dae, van Paassondag tot
Pinksterdag
. Die tradisie van vyftig dae het sy oorspring in die tydperk tussen die
Joodse
feeste Pesach en
Sjavuot
. Daarbenewens verwys die Paaskring na een van die belangrikste periode van die
liturgiese jaar
, wat vanaf
Aswoensdag
tot Trinitatis, die Sondag na
Pinkster
, streek.
Volgens die ooreenstemmende verhale in die Christelike Griekse Skrifte, of
Nuwe Testament
van die
Bybel
, het Jesus van Nasaret (Jesus Christus) op die eerste dag van die Joodse week uit die dood opgestaan (
Markus
16:2,
[1]
Matteus
28:1,
[2]
Lukas
24:1,
[3]
Johannes
20:1
[4]
) ? dus op 'n Sondag. Dit was tegelykertyd die "derde dag" na die kruisiging van Jesus (Lukas 24:7)
[5]
wat derhalwe op 'n Vrydag ?
Goeie Vrydag
? plaasgevind het.
Die Paasfees en die Joodse Pesach
[
wysig
|
wysig bron
]
Die Christelike fees van Jesus Christus se opstanding is onlosmaaklik verbonde aan die Joodse Pesachfees (
Aramees
:
Pasga
), veral om chronologiese redes aangesien Jesus volgens die Nuwe Testament en die sinoptiese oorlewering tydens die Pesachfees (of op die vooraand van die fees, aldus die Evangelie volgens Johannes) oorlede is.
Die Christelike tradisie het daarnaas ook inhoudelike elemente van die Joodse Pesachfees oorgeneem en met betrekking tot Jesus geherinterpreteer. Hierdie elemente sluit die simbool van die Paaslam in: Tydens die Pesachfees is lamme in die Israelitiese tempel van Jerusalem geslag. Die Paasfees word daarnaas net soos Pesach as 'n fees van bevryding gevier ? die Israeliete het gedurende hul fees die bevryding uit die Egiptiese
slawerny
gevier, die Christene die opstanding van Jesus uit die dood.
Die vroegste moontlike termyn volgens die
Gregoriaanse kalender
is 22 Maart en die laaste moontlike is 25 April. In die
Juliaanse kalender
, wat veral deur die
Oosters-Ortodokse Kerke
gebruik word, verskil die datum effens.
2000?2010
Jaar
|
Weste
|
Ooste
|
2000
|
23 April
|
30 April
|
2001
|
15 April
|
2002
|
31 Maart
|
5 Mei
|
2003
|
20 April
|
26 April
|
2004
|
11 April
|
2005
|
27 Maart
|
1 Mei
|
2006
|
16 April
|
23 April
|
2007
|
8 April
|
2008
|
23 Maart
|
27 April
|
2009
|
12 April
|
19 April
|
2010
|
4 April
|
|
2011?2021
Jaar
|
Weste
|
Ooste
|
2011
|
24 April
|
2012
|
8 April
|
15 April
|
2013
|
31 Maart
|
5 Mei
|
2014
|
20 April
|
2015
|
5 April
|
12 April
|
2016
|
27 Maart
|
1 Mei
|
2017
|
16 April
|
2018
|
1 April
|
8 April
|
2019
|
21 April
|
28 April
|
2020
|
12 April
|
19 April
|
2021
|
4 April
|
2 Mei
|
|
2022?2032
Jaar
|
Weste
|
Ooste
|
2022
|
17 April
|
24 April
|
2023
|
9 April
|
16 April
|
2024
|
31 Maart
|
5 Mei
|
2025
|
20 April
|
2026
|
5 April
|
12 April
|
2027
|
28 Maart
|
2 Mei
|
2028
|
16 April
|
2029
|
1 April
|
8 April
|
2030
|
21 April
|
28 April
|
2031
|
13 April
|
2032
|
28 Maart
|
2 Mei
|
|
In die Christelike wereld het 'n verskeidenheid Paasgebruike ingeburger waarin voor-Christelike rituele en simboliek nuwe Christelike betekenisse gekry het soos die verf van
paaseiers
(wat Jesus Christus se lee graf versinnebeeld) of die versiering van kerkkansels met Paaslelies as simbole van die opstanding van Jesus Christus. Ook word besondere disse as Paasetes bedien.
Die presiese oorsprong van Paaseiers as Christelike simbole is onbekend. Eiers versinnebeeld in baie gelowe nuwe lewe en hergeboorte. Reeds in
antieke Griekeland
en
Rome
is ter geleentheid van lentefeeste eiers versier en aan vriende geskenk.
Tempels
is eweneens versier met bont eiers.
Gedurende die
Middeleeue
is leenhere, onderwysers en kerklike ampsdraers dikwels onder meer met eiers betaal. Eiers was een van die kosse wat tydens die
Vastyd
in die weke voor die Paasfees nie genuttig is nie. Hulle is derhalwe hard gekook om hulle te preserveer. Daardie eiers was geverf of beskilder om hulle van rou eiers te onderskei en eers op Paassondag geeet.
[6]
Die wegsteek en soek van paaseiers is veral gewild by kinders, maar ook volwassenes hou daarvan om hul paasgeskenk of -verrassing op Paassondag te gaan soek. Die tradisie het eers betreklik laat ingeburger geraak ? die vroegste skriftelike oorlewerings daarvan, wat in Duitse tekste voorkom, dateer uit die 17de eeu. Om die soek van Paaseiers aantrekliker te maak vir kinders, word die storie van die Paashaas vertel wat die eiers versier en wegsteek. Die verhaal word vir die eerste keer in die tweede helfte van die 17de eeu gedokumenteer. In sommige streke is Paaseiers ook deur 'n vos, 'n koekoek of 'n haan afgelewer. Met die opkoms van 'n kommersiele speelgoed- en lekkergoedbedryf vanaf die later 19de eeu het die Paashaas die dominante figuur in die volksverhale vir die Paastyd geword. Die haas was egter al sedert die antieke tydperk 'n simbool vir vrugbaarheid en 'n nuwe begin asook die gunstelingdier van 'n verskeidenheid godinne soos
Afrodite
in antieke Griekeland.
In
Skotland
, maar ook buite die
Withuis
in
Washington, D.C.
word hard gekookte Paaseiers gerol.
[7]
Die tradisie word verbind met die verhaal van die engel wat die rots voor Jesus se graf weggerol het.
[8]
Die Paaslamtradisie het sy oorsprong in die Joodse
Pesach
- of Pasgafees wat aan die Israeliete se bevryding deur die uittog uit Egipte herinner. Joodse gelowiges het tradisioneel 'n lam geslag vir hul Pasga-feesmaal. In die Christelike tradisie versinnebeeld die lam die lewe en geestelike reinheid, maar veral Jesus Christus as die Lam van God. Dikwels word in Christelike kerke vaandels met die Paaslam vertoon as simbool vir Jesus se offer en sy oorwinning oor die dood. Al word in sommige Christelike gesinne lamvleis op Paassondag bedien, het ook simboliese Paaslamme, wat van roerdeeg gebak word, gewild geraak.
Paasvure het hul oorsprong in voor-Christelike tradisies waarvolgens na die koue
winter
die son met vure terug na die aarde getrek is om weer lig en warmte te lewer en 'n goeie oes te verseker. Vuur het egter ook simboolkrag in die Joods-Christelike geloof soos in die verhaal van
Moses
en die brandende doringbos, waarin God verskyn, in Eksodus 3:1?12.
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met
Paasfees
.
|
|
---|
Kerskring
| | |
---|
Paaskring
| |
---|
Jaarkring
| |
---|
Mariafeeste
| |
---|