Panteisme

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Panteisme is 'n geloofsiening dat God en die natuur een en dieselfde entiteit is, dit wil se God is alles en alles is God. God word nie as 'n persoon gesien nie. Panteisme as woord word afgelei uit die Griekse woord "pan" wat "alles" beteken en "theos" wat "God" beteken en dus letterlik beteken: "Alles is God". Panteisme maak dus voorspraak vir die gedagterigting dat 'n mens God beter kan verstaan deur 'n beter begrip van die natuur en die heelal . Panteiste glo nie in 'n persoonlike of antropomorfe god nie. In die strengste sin beteken Panteisme: God word gelykgestel met die wereld en alles wat bestaan. In elk van sy manifestasies is dit dus monisties , alhoewel monisme nie altyd panteisme is nie.

Die panteisme het in die moderne tyd bekend geword weens die teologiese en filosofiese werk van die 17de eeuse filosoof Baruch Spinoza , wie se Ethica (1678) 'n antwoord was op Rene Descartes se bekende dualistiese teorie dat die liggaam en gees geskei kan word. Spinoza het die idee gehad dat gees en materie een is, en albei is eienskappe van 'n oorspronklike substansie, God. Gedurende die Romantiese tydperk het panteisme 'n herlewing beleef en voorsiening gemaak vir die beroemde Pantheismusstreit . Panteisme is nie dieselfde as Paganisme nie, alhoewel die twee woorde aan mekaar verwant is.

Verskil met teisme [ wysig | wysig bron ]

In panteisme is daar geen grens tussen die goddelike en die natuurlike nie. In plaas daarvan om transendensie te he - los van alles - is God in alles (immanensie). Volgens panteisme kan mens nie persoonlik 'n god voorstel nie. Elke voorwerp en elke onderwerp is in wese goddelik. Panteisme verskil dus van die teistiese konsep op twee hoofpunte:

1. Panteiste ontken gewoonlik die bestaan van 'n "persoonlike" God, 'n wese wat die eienskappe van 'n "persoon" besit, soos die vermoe om besluite te neem.

2. Panteiste ontken dat dit wat hulle met God bedoel, heeltemal transendentaal is: hulle ontken dat God "heeltemal anders" van die wereld is. God en die wereld is nie 'ontologies verskillend' nie.

In die Bybelse konteks sou Psalm 23: "Die Here is my herder" (teistiese siening) byvoorbeeld vervang kon word met "Die aarde versorg my as ’n herder" in 'n panteistiese benadering.

Afgeleide vorme [ wysig | wysig bron ]

Daar is verskillende afgeleide vorme van panteisme. Volgens teofaneisme is alles wat ons rondom ons sien, 'n voorkoms van die goddelike. Die panenteisme (εν, "en" beteken "oral" waar god/goddelikheid is) vorm 'n soort sintese tussen teisme en panteisme: alles is goddelik/god, maar dit kan nog steeds as 'n mens dink. Hierdie vorm kan ook onder Christene gevind word; in die Christelike gnostisisme kan ook pan(en)teistiese invloede erken word. Die verskil tussen panteisme en panenteisme is dat in die panenteisme die wereld, die heelal, gesien word as 'n deel van God, maar nie as sy totale wese nie.

Baie Oosterse godsdienste (insluitende Hindoeisme , Taoisme , Boeddhisme ) het panteistiese eienskappe, sowel as (Westerse) godsdienstige humanisme . Sommige prominente verligte denkers, soos Spinoza en John Toland, het panteistiese idees gehad. 'n Bekende vroee panteis was Giordano Bruno (1548 - 1600), 'n Italiaanse filosoof wat deur die Inkwisisie weens sy idees veroordeel is tot die brandstapel. Daar is 'n standbeeld van hom te vinde by die Campo de 'Fiori in Rome , die plek waar sy vonnis voltrek is. Mansur al-Hallaj (858 - 922) is in die Midde-Ooste bekend as 'n vroee panteis. Nadat hy die woorde Ana elhaq ( Arabies : ??? ????) (Ek is die Waarheid) uitgespreek het, is hy tot 'n marteldood gevonnis. Mens kan die heelal ook sien as 'n wereldsiel ( Plato ), dan praat mens van panpsigisme .

Verder is hedendaagse heidense filosofiee met wortels in die antieke Keltiese en Duitse heidendom, soos Druicca en Wicca , sterk gekoppel aan panteisme. Aanhangers van hierdie bewegings sien 'Moeder Aarde' as die maker van alles wat leef. Sy word ook deur hulle "Godin" genoem - veral in hekssirkels. Hierdie godin kan in alles wat die natuur bied gevind word.

Panteisme en ateisme [ wysig | wysig bron ]

Gedurende die geskiedenis was daar 'n neiging om panteisme aan te val omdat dit soortgelyk aan 'n vorm van ateisme sou wees. 'n Vroee voorbeeld is Johannes Scotus Eriugena (810-877), wie se werk Periphyseon eeue later deur die Kerk veroordeel is as gevolg van panteistiese neigings, wat as kettery gemerk is.

Tydens die Romantiek breek daar 'n polemiek tussen Friedrich Heinrich Jacobi (1743-1819) en Gotthold Ephraim Lessing (1729-1781) uit. Hierdie polemiek of Pantheismusstreit het gehandel oor die vraag of Ethica (1678) van Baruch Spinoza, waarin 'n vorm van panteisme verduidelik word, nie afwentel in rasionalisme , fatalisme en uiteindelik ateisme nie. Moses Mendelssohn (1729-1786) het daarop gereageer deur die gelykheid tussen panteisme en teisme te verdedig.

Die rede waarom panteisme problematies was vir baie Christengelowiges, en volgens hulle gelyk was aan ateisme, was as gevolg van die idee van immanensie en die gevolge daarvan. Nie net was panteisme 'n probleem omdat dit teen die idee van God as die transendente Skepper gegaan het, soos Hy in die Bybel beskryf word, maar ook dat dit idees soos vrye wil, moraliteit en 'n persoonlike God onderdruk. Vryheid blyk uitgesluit te wees in 'n panteistiese heelal omdat alles goddelik is, en daarom is alles vooraf redelik seker. Panteisme sal lei tot 'n rasionalistiese determinisme en dus die vrye keuse van die gelowige uitsluit om te glo en die regte keuse te maak. In hierdie sin ontaard dit in 'n fatalisme.

Ook was die immanente karakter van God 'n probleem vir moraliteit. Om te besluit of iets goed of sleg is kan slegs korrek gedoen word deur 'n eksterne kriterium. Die idee dat hierdie wereld nie voltooi of perfek is nie, dat daar nog steeds sleg is, vereis 'n eksterne, en dus transendente god. Hierdie transendente god kan dan die toetssteen wees om hierdie wereld te evalueer. In panteisme is daar geen toetssteen nie en die onderskeid tussen goed en kwaad val uitmekaar. Panteisme kan niks met die probleem van die bose doen nie, want selfs die bose is goddelik en lei dus tot immoralisme volgens hierdie redenasie.

Ten slotte word gese dat die panteisme na 'n onpersoonlike god, deisme en uiteindelik tot ateisme lei. Hierdie punt is op een of ander manier verwant aan die vorige een. Om 'n deugdige lewe te lei moet 'n mens homself kan toets teen 'n persoonlike god, teenoor wie hy byvoorbeeld sy sondes kan bely. Panteisme sluit so 'n god uit en lyk asof dit 'n godbeeld van 'n ongeinteresseerde god uitbeeld. Met ander woorde, dit toon 'n verhouding met deisme, wat verklaar dat die wereld deur 'n god geskep is, maar dat dit nie meer met hierdie wereld betrokke raak nie. Die panteistiese heelal lyk dus nie meer van 'n heelal sonder God nie. In daardie sin is panteisme nie meer as 'n vorm van ateisme nie. 'n Soortgelyke redenasie kan gevind word in Arthur Schopenhauer wat dit onvanpas gevind het om die heelal "God" te noem en skryf dat panteisme dus slegs 'n eufemisme vir ateisme is.

Sien ook [ wysig | wysig bron ]

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal.