한국   대만   중국   일본 
Oxford - Wikipedia Gaan na inhoud

Oxford

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Oxford
Stad
Wapen van Oxford
Wapen
Byname: 
The City of Dreaming Spires
Oxford is in Engeland
Oxford
Oxford
Koordinate: 51°45′07″N 1°15′28″W  /  51.75194°N 1.25778°W  / 51.75194; -1.25778
Land Vlag van Verenigde Koninkryk  Verenigde Koninkryk
Land Engeland
Seremoniele Graafskap Oxfordshire
Stigting 8ste eeu
Stadstatus 1542
Regering
 ? Lord Mayor Cllr Colin Cook
Oppervlak
 ? Stad 45,59 km 2 (17,6 vk. myl)
Bevolking
 ? Stad 154 600 [1]
 ? Digtheid 3 391/km 2 (8 784/vk. myl)
 ? Stedelik
666 358
Tydsone UTC+00:00 (MGT)
 ?  Somertyd UTC+01:00 (BST)
Poskode
OX
Skakelkodes 01865
Webwerf oxford.gov.uk

Oxford [??ksf?rd] is 'n stad in suidelike Sentraal-Engeland . Dit dien as die administratiewe setel van die seremoniele graafskap Oxfordshire waarin dit 'n distrik vorm. Oxford is een van die snelste groeiende stede in die Verenigde Koninkryk , met 'n etnies uiteenlopende bevolking van 154 600 binne die stadsgrense en 244 000 in die metropolitaanse gebied. Die bewoners van Oxford word in Engels Oxonians genoem.

Uitsig oor Oxford, die "Stad van dromende toringspitse", vanaf Boars Hill
May Morning , die tradisionele Lentefees, word op 1 Mei met dansvertonings (die foto toon Morris-dansers ), sangopvoerings en partytjies gevier

Die stad het 'n diverse ekonomiese basis met motorvervaardiging, uitgewerye, opvoedkundige instellings, inligtingstegnologie en ander wetenskapsgebaseerde bedrywe. Oxford staan internasionaal veral bekend as setel van die Universiteit van Oxford , die oudste in die land en die Engelssprekende wereld.

Oxford se boukuns sluit voorbeelde van elke argitektoniese stylperiode in Engeland sedert die vestiging van die Angel-Sakse, waaronder die ikoniese Radcliffe Camera uit die middel van die 18de eeu. Oxford se kolleges oorheers die middestad met hul verskeidenheid boustyle en kenmerkende binnepleine. Maar dit is veral Gotiese stylelemente soos klein en groot torings met hul spitse waaraan Oxford sy bynaam "stad van dromende toringspitse" ( city of dreaming spires ) te danke het. Die digter Matthew Arnold het met hierdie term na die harmoniese boustyl van Oxford se universiteitsgeboue verwys.

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]

Media