Oshiwambo

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Oshiwambo
Oshivambo
Gepraat in: Vlag van Angola  Angola
Vlag van Namibië  Namibie  
Gebied: Suider-Afrika
Totale sprekers: 1 441 000
Taalfamilie : Niger-Kongo
  Atlanties-Kongo
   Volta-Kongo
    Benue-Kongo
     Bantoied
      Suidelike Bantoied
       Bantoetale
        Suidwestelike Bantoetale
         Oshiwambo  
Skrifstelsel: Latynse alfabet  
Amptelike status
Amptelike taal in: Vlag van Namibië  Namibie (nasionale taal)
Gereguleer deur: geen
Taalkodes
ISO 639-1 : kj ? Kwanyama
ng ? Ndonga
ISO 639-2 : kua, ndo
ISO 639-3 : onderskeidelik:
kua  –  Kwanyama
ndo  –  Ndonga
kwm  –  Kwambi
lnb  –  Mbalanhu
nne  –  Ngandjera  
Verspreiding van Oshiwambo

Oshiwambo ( Oshivambo ) is 'n dialekkontinuum van Bantoetale in Suider-Afrika wat deur sowat 1 441 000 mense gepraat word. Dit word deur die Ovambo's gepraat en is een van die nasionale tale van Namibie . Daarbenewens word Oshiwambo in die aangrensende land Angola gepraat.

Verspreiding van Oshiwambo in Namibie volgens die 2011-sensus:

    <1%

    1?5,99%

    6?10,99%

    11?20,99%

    21?30,99%

    31?49,99%

    50?75,99%

    76?90%

    >90%


'n Vrou uit Namibie gee 'n voorbeeld van Oshiwambo
Hoewel die amptelike taal Engels is, kan uit hierdie foto (met voorbeelde van Engels, Duits , Afrikaans en Oshiwambo) gesien word dat Namibie ’n veeltalige land is

Oshiwambo word veral in die voormalige Bantoestan Ovamboland van die destydse Suidwes-Afrika gepraat, dit sluit die Namibiese streke Omoesati , Osjana , Ohangwena en Osjikoto in. Oshiwambo sluit die dialekte Kwanyama, Ndonga, Kwambi, Mbalanhu en Ngandjera in. Oshiwambo is nou verwant aan Herero , die taal van die Herero -volk.

Voorbeelde [ wysig | wysig bron ]

Algemene woorde en frases:

  • Owe uya po! ? "Welkom!"
  • Wa aluka! ? "Hallo!"
  • Wa shilwa? ? "Goeie more"
  • Wa uhala po? ? "Goeie dag"
  • Ou li tutu nawa? ? "Hoe gaan dit?"
  • kulala ? "slaap"
  • omulaule ? "swart"
  • Hai ti! ? "luister!"
  • Omukwaniilwa ? "koning"
  • Nda pandula ? "dankie"
  • Heeno ? "Ja"
  • Aaye ? "Nee"
  • Enda nawa ? "Totsiens"
  • Ondikuhole ? "Ek is lief vir jou"

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]