in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
OpenStreetMap
|
![](//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/b/b0/Openstreetmap_logo.svg/100px-Openstreetmap_logo.svg.png) |
![](//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/f/f7/Cambridge-Openstreetmap-11-05-27.svg/220px-Cambridge-Openstreetmap-11-05-27.svg.png) |
Tipe webblad
|
digitale padkaart
|
Taal(e)
|
Ten minste 151 gebiedsvertalings en onbeperkte aantal kaarttale
[1]
|
Registrasie
|
nodig vir bydraers
|
Eienaar
|
OpenStreetMap gemeenskap.
Projekondersteuning deur OpenStreetMap Foundation
[2]
|
Outeur
|
Die gemeenskap
|
Opgerig
|
1 Julie 2004
; 19 jaar gelede
(
2004-07-01
)
|
Huidige status
|
Aktief
|
URL
|
www.openstreetmap.org
|
OpenStreetMap
(OSM) is 'n "
kopielinkse
" digitale padkaart wat ontwerp is om deur enigiemand gewysig te kan word. Die kaart word geskep uit data wat opgeneem word deur
GPS
-ontvangers, lugfoto's en ander gratis bronne. Die kaart kan dan geprojekteer word in 'n
geografiese koordinatestelsel
, gebruik word vir roete beplanning of gebruik word vir geografiese soektogte.
OpenStreetMap is 'n samewerkingsprojek om 'n gratis bewerkbare kaart van die wereld te skep. Die geodata onderliggend aan die kaart word beskou as die primere uitset van die projek. Die skepping en groei van OSM is gemotiveer deur beperkings op die gebruik of beskikbaarheid van kaartdata oor 'n groot deel van die wereld, en die koms van goedkoop draagbare satellietnavigasie-toestelle.
[3]
Steve Coast, die stigter van OpenStreetMap, in 2009.
OpenStreetMap is in 2004 deur Steve Coast gestig na die sukses van
wikipedia
. Die drywers vir die projek was die hoe koste van kwaliteit geografiese data in die
Verenigde Koninkryk
en die beskikbaarheid van akkurate GPS ontvangers.
In 2006 het Yahoo! ingestem dat hulle lugfoto's vir die projek gebruik kan word. Dit het die gemeenskap in staat gestel om die hele
Pretoria
en groot dele van
Johannesburg
en
Kaapstad
te voltooi.
Deelnemers verken nuwe areas en gebruik GPS ontvangers, kameras, persoonlike digitale assistente en / of pen en papier om data bymekaar te maak. Daarna word OSM redigeringsagteware gebruik om dit by die sentrale databasis te voeg. Hierdie veranderings kan tot 'n week of meer neem voordat dit gepubliseer word in al die verskillende formate.
Die munisipale grense sowel as amptelike plekname volgens die
Suid-Afrikaanse Geografiese Nameraad
is reeds ingevoer.