in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die gebied wat as die
Oos-Vrystaat
bekend staan, sluit die bergagtige dele van die
Vrystaatprovinsie
in
Suid-Afrika
in. Die Oos-Vrystaat is veral bekend vir sy uitstekende
landboupotensiaal
, insluitend
veeboerdery
en
koring
- en
mielielandbou
. Die gedeelte van die Vrystaat staan ook bekend as die
Riemland
. Die Riemland het sy naam te danke aan rieme wat tydens die
Voortrekkers
en vroee setlaars se tyd uit elandsvelle gesny is. Die rieme is daarna gebruik vir meetdoeleindes (soos om grense van plase te meet).
Vernaamste dorpe in die Oos-Vrystaat sluit in
Bethlehem
,
Harrismith
,
Senekal
,
Vrede
,
Ladybrand
,
Ficksburg
,
Phuthaditjhaba
en
Frankfort
. Ander dorpe in die Oos-Vrystaat sluit
Memel
,
Cornelia
,
Reitz
,
Lindley
,
Marquard
,
Arlington
,
Clocolan
,
Warden
,
Kestell
,
Paul Roux
,
Fouriesburg
,
Clarens
,
Swinburne
,
Rosendal
,
Petrus Steyn
,
Villiers
en
Tweeling
in.
Die
Witteberge
en
Rooiberge
, wat beide deel uitmaak van die
Drakensbergreeks
, lok baie binnelandse en buitelandse
toeriste
na die streek. Die bekendste
natuurreservaat
in die gebied is die
Golden Gate Hoogland Nasionale Park
, wat veral bekend is vanwee sy sandsteenkranse van die
Clarens Formasie
.