한국   대만   중국   일본 
Oos-Kantons - Wikipedia Gaan na inhoud

Oos-Kantons

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die drie Belgiese Oos-Kantons

Die term Oos-Kantons ( Duits Ostkantone , Frans Cantons de l'Est ; soms ook Oos-Belgie of Eupen-Malmedy , in die 1920's Nieu-Belgie genoem) verwys na die vroeere Duitse gebiede in die ooste van Belgie wat na die Eerste Wereldoorlog volgens die Vredesverdrag van Versailles deur die Duitse Ryk aan Belgie afgestaan moes word. Die merendeels Duitssprekende inwoners het sodoende Belgiese burgers geword.

Die grensstrook met 'n wydte van tussen 20 en 50 kilometer en 'n totale oppervlakte van 1 036 km² is na 'n oorgangstyd van vyf jaar op 6 Maart 1925 by die Koninkryk Belgie ingelyf. Die gebied behels die streek rondom die nedersettings Eupen, Malmedy, Sankt Vith en Kelmis (die sogenaamde Neutraal Moresnet ) en word volgens die twee voormalige Pruisiese landdistrikte ook Eupen-Malmedy genoem.

Eupen Malmedy grens veranderinge tussen 1920 en 1945