in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
'n
Ondernemer
(ook:
sakeman
,
sakevrou
of
entrepreneur
) is 'n
persoon
wat iets onderneem, en daarmee een of ander maatskaplike bydrae lewer. Die ondernemer se doel is om 'n
inkomste
te verdien deur 'n bepaalde kombinasie van
arbeid
,
kapitaal
en kennis in 'n
besigheid
in te ploeg en sodoende die besigheid te lei of in stand te hou. Die ondernemer moet die inisiatief neem en geleenthede in die mark najaag. Kirzner beskryf die ondernemer as iemand wat bewus is van die kanse en geleenthede en dit benut.