in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
- Vir ander riviere in Suid-Afrika genaamd "Olifantsrivier", sien die dubbelsinnigheidsblad by
Olifantsrivier
.
Die
Olifantsrivier
is 'n hoof
takrivier
van die
Limpoporivier
wat in die
Mpumalanga
- en
Limpopoprovinsies
, asook vir sy laaste deel in Mosambiek vloei.
Die rivier ontspring tussen die dorpe
Breyten
en
Bethal
in Mpumalanga
[1]
by
26°20′00″S
29°48′18″O
/
26.3332°S 29.8050°O
/
-26.3332; 29.8050
Dit vloei deur die
Witbankdam
en
Loskopdam
, sny oos deur die Transvaalse
Drakensberg
by die
Abel Erasmuspas
, vloei verder noordoos deur die laeveld in die
Limpopoprovinsie
en deur die
Krugerwildtuin
waar dit saamvloei met die
Letabarivier
. By die
Lebomboberge
sny die rivier deur die Olifantsravyn, waar die Banguravyn ook uit die suide aansluit, en steek dan die landsgrens oor na
Gaza-provinsie
,
Mosambiek
, waarna dit
Rio dos Elefantes
heet.
Hierna vloei dit in die Massingirdam in, later sluit die
Shingwedzirivier
by die Olifants aan. Ongeveer 40 km van die Mosambiekse grens, sluit dit by die
Limpoporivier
aan (by
24°06′45″S
32°38′09″O
/
24.1124°S 32.6358°O
/
-24.1124; 32.6358
), voor dit suid draai en uiteindelik by
Xai-Xai
noord van
Maputo
in die
Indiese Oseaan
uitmond. Die
opvanggebied
van die Olifants word op 68 450 km
2
bereken.
[2]
Oorbeweiding in middeldele van die rivier het deur die jare erge gronderosie in die riviervallei veroorsaak, veral na harde reenbuie. Die Olifants is een van die ergs-besoedelde riviere in Suider-Afrika,
[3]
en honderde damme in die opvanggebied het ook die natuurlike vislewe benadeel.
[4]
Die sytakke in die
Krugerwildtuin
is die Tsutsi,
Nhlaralumi
,
Shisakashanghondo
,
Timbavati-
en die
Banguriviere
.
[9]
Die geskiedkundige gebied van die Pedi-bevolking,
Sekhukhuneland
, is gelee tussen die Olifantsrivier en sy groot sytak, die
Steelpoortrivier
.
Sommige van die dertig groot damme in die Olifantsrivierbekken is: