한국   대만   중국   일본 
Ogaden - Wikipedia Gaan na inhoud

Ogaden

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Kaart van Ogaden.

Die Ogaden is 'n woestyngebied in Ethiopie .

Ligging en bewoners [ wysig | wysig bron ]

Hierdie gebied van ongeveer 200 000km 2 is deel van die Horing van Afrika . Dit is in die suidooste van Ethiopie en grens aan Djibouti , Puntland , Somalie en Kenia . In die streek is die grootste dorpe Degeh Bur, Kelafo, Werder, Harer en Dire Dawa. Dit is 'n plato met 'n hoogte wat wissel van 1500m bo seevlak in die noordweste tot 'n 300m in die suide. Die Scebelirivier vloei suidooswaarts en mond uit by Mogadisjoe . Meer suid vloei die Genalerivier. Hierdie dunbevolkte landstreek word bewoon deur Somali-sprekende nomadiese stamme wat 'n bestaan voer as veeboere. Van die ontginning van die aanwesige gas- en oliereserwes in die bodem het nog nie veel gekom nie.

Geskiedenis [ wysig | wysig bron ]

Laat in die 19de eeu het Ethiopie sowel as Italie (die koloniale heerser in Somalie) op die gebied aanspraak gemaak. In 1896 het Ethiopie dit beset en sedertdien word die grens tussen Ethiopie en Somalie op landkaarte dikwels als onbepaald en omstrede aangedui. In die 1960’s het Somalie die gebied amptelik opgeeis en het dit by tye tot aanvalle deur guerillabendes gelei. In 1977- 1978 ontstaan 'n volskaalse oorlog om die gebied met Somalie te verenig. Weens hierdie oorlog en die droogte sterf duisende mense in die Ogaden-streek en 'n anderhalf miljoen mense vlug oor die grens na Somalie. Dit lei tot 'n groot humanitere krisis en ernstige menseregteskendings. Onrus flikker periodiek nog op.

Bibliografie [ wysig | wysig bron ]

  • britannica.com