in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die
Nuwe Ryk van Egipte
, ook bekend as die
Egiptiese Ryk
, is die tydperk in
Antieke Egipte
se geskiedenis tussen die
16de
en
11de eeu v.C.
(van die
18de
tot die
20ste Dinastie
).
Radiokoolstofdatering
plaas die presiese begin van die Nuwe Ryk tussen
1570
en
1544 v.C.
[1]
Die Nuwe Ryk het op die
Tweede Oorgangstydperk
gevolg en is op sy beurt gevolg deur die
Derde Oorgangstydperk
. Dit was die mees vooruitstrewende periode van Egipte en die hoogtepunt van sy mag.
[2]