Nuwe Moskee
|
|
Die Nuwe Moskee soos gesien vanaf die
Galata-brug
.
|
Ligging
|
Istanboel
,
Turkye
|
Voltooi
|
1665
|
Argitek(te )
|
Davut A?a, Dalgıc Ahmed Cavu?, Mustafa A?a
|
Spesifikasies
|
Minaret(te)
|
2
|
Minarethoogte
|
52 m
|
Koepeldeursnee
|
17,5 m
|
Materiale
|
gekapte klip, graniet, marmer
|
Styl
|
Ottomaans
|
Die
Yeni-moskee
,
Nuwe Moskee
of
Moskee van die Valide Sultan
(
Turks
:
Yeni Cami
of
Yeni Valide Camii
) is ’n
Ottomaanse
keiserlike
moskee
in die
Eminonu
-distrik van
Istanboel
,
Turkye
. Dit is aan die
Goue Horing
gelee aan die suidpunt van die
Galata-brug
. Dit is een van die stad se bekendste bakens.
Die Nuwe Moskee en Eminonu-basaar
Bouwerk aan die moskee het in 1597 begin op bevel van Safiye Sultan, die vrou van sultan
Murat III
. Die oorspronklike argitek was Davut Aga, ’n leerling van die groot
Mimar Sinan
. Davut Aga is egter in 1599 dood en is vervang met Dalgic Ahmed Cavus.
Die projek is aan bande gele deur politieke ontevredenheid en die ligging en geldelike implikasies het gelei tot ontevredenheid in die hof. Die Eminonu-buurt was die stad se voorste handelsentrum en die tuiste van ’n hoofsaaklik
Joodse
gemeenskap. Deur die moskee daar te plaas, het Safiye Sultan gehoop om die
Islamitiese
invloedsfeer uit te brei en voordeel te trek uit die groeiende ontevredenheid onder plaaslike en oorsese handelaars oor die toenemende mag en invloed van hul Joodse ewekniee. Die hoe koste van die projek het egter groot kritiek ontlok. Safiye Sultan moes die projek noodgedwonge laat vaar na Murat III se dood. Die nuwe sultan,
Ahmet I
, het nie daarin belanggestel nie en bouwerk is laat vaar.
Die onvoltooide gebou het verval en is in 1660 grootliks deur ’n brand verwoes. Later die jaar het die argitek Mustafa Aga voorgestel dat Valide Turhan Hadice, die ma van
Mehmet IV
, die projek voltooi as ’n godsdiensdaad. Die moskee is eindelik in 1663 voltooi en in 1665 ingewy.
- Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel
en:New Mosque (Istanbul)
41°1′1.25″N
28°58′17.3″O
/
41.0170139°N 28.971472°O
/
41.0170139; 28.971472