Die
Nowodewitsji-klooster
, ook bekend as die
Bogoroditse-Smolenski-klooster
(
Russies
: Новодевичий Богородице-Смоленский женский монастырь) is moontlik die bekendste
klooster
in
Moskou
. Sy naam, wat soms vertaal word as die "Nuwemaagdeklooster", is ontwerp om te verskil van ’n oumaagdeklooster (
Starodewitsji-klooster
) in die
Moskouse Kremlin
. Anders as ander Moskouse kloosters, het dit sedert die 17de eeu feitlik onveranderd gebly. In 2004 is dit verklaar tot ’n
Unesco
-
werelderfenisgebied
.
Die Nowodewitsji-klooster is in 1524 gestig deur
grootprins
Wasili III
met die herdenking van die oorwinning oor
Smolensk
in 1514. Dit is as ’n fort gebou in ’n draai in die
Moskwa
-rivier en het ’n belangrike deel geword van die suidelike verdedigingsgordel van die hoofstad, wat ook ander kloosters ingesluit het.
Baie vroue van
Russiese
keiserlike en bojarefamilies wat gedwing is om nonne te word, het in die klooster gebly, soos
Fjodor I
se vrou,
Irina Godoenowa
(sy was daar saam met haar broer,
Boris Godoenof
tot hy self ’n Russiese heerser geword het), die regent
Sofia Aleksejewna
(
Pieter die Grote
se halfsuster),
Ewdoksia Lopoechina
(Pieter die Grote se eerste vrou) en ander. Teen die einde van die 17de eeu het die klooster 36 dorpe en 14 489 boere besit.
In 1724 was daar ’n militere hospitaal en ’n weeshuis vir meisies. Teen 1763 was daar 84 nonne en 78 pasiente en lyfeienes. In 1812 het
Napoleon
se leer die klooster probeer opblaas, maar die nonne het dit gered.
In
Leo Tolstoi
se
Oorlog en Vrede
sou Pierre by die klooster tereggestel word. In nog ’n roman van hom,
Anna Karenina
, ontmoet Konstantin Ljowin (die hoofkarakter) sy toekomstige vrou, Kitty, terwyl sy naby die kloostermure ysskaats. Dit was inderdaad die gewildste ysskaatsbaan in die 19de-eeuse Rusland. Tolstoi het self daar geskaats toe hy daar naby gewoon het.
In die vroee 1900's is die katedraal deur die argitek Iwan Masjkof gerestoureer
In 1922 het die
Bolsjewiste
die klooster gesluit en dit in ’n museum van vrouebevryding verander. Teen 1926 is dit in ’n historiese en kunsmuseum verander en het dit deel van die
Moskouse Historiese Staatsmuseum
geword. Baie van die geboue is in woonstelle verander en dit het die klooster gered van sloping.
In 1944 het die klooster die Moskouse Teologiese Instituut geword. In die jaar daarna is die katedraal aan gelowiges teruggegee. In 1994 het nonne na die klooster teruggekeer en in die volgende jaar is dienste in die klooster hervat. Van die geboue val steeds onder die Historiese Staatsmuseum.
Nowodewitsji-begraafplaas
[
wysig
|
wysig bron
]
In 1898 is ’n begraafplaas op die terrein begin.
Anton Tsjechof
was een van die eerste bekendes wat daar begrawe is. In die Sowjettyd het dit ’n laaste rusplek vir Kommunistiese hooggeplaastes geword, met onder meer
Nikita Chroesjtsjof
,
Sergei Prokofief
en
Boris Jeltsin
wat daar begrawe is.
|
---|
| Sentraal
| | |
---|
Suidelik
| |
---|
Noordwestelik
| |
---|
Verre-Ooste
| |
---|
Siberie
| |
---|
Wolga
| |
---|
Noord-Kaukasus
| |
---|
1
Gedeel met
Litaue
?
2
Gedeel met nege ander lande ?
3
Gedeel met
Mongolie
|