in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Nissan Navara
Nissan Navara D40
|
Oorsig
|
---|
Vervaardiger
|
Nissan
|
---|
Ook genoem
|
Nissan Frontier (Noord-Amerika)
Nissan NP300 (
Meksiko
,
Europa
)
|
---|
Produksie
|
1997?huidig
|
---|
Bakwerk en onderstel
|
---|
Bakstyl
|
enkel- of dubbelkajuitbakkie
|
---|
Plek in geskiedenis
|
---|
Voorganger
|
Nissan Hardbody
|
---|
Variante
|
Nissan Xterra
Nissan Pathfinder (1997?2012)
Mercedes-Benz X-klas (2017?)
|
Nissan Navara
is die naam vir die D22 en D40 geslagte van Nissan
bakkies
wat in
Asie
en
Suid-Afrika
verkoop word; in
Noord-
, Sentraal- en
Suid-Amerika
en die
Filippyne
word dit as die
Nissan Frontier
verkoop. Die model is in 1997 in
Japan
vrygestel deur die vervanging van die D21-Nissan Hardbody bakkie. Sedert 2002 word die D22-reeks bakkie nie meer in Japan verkoop nie; die D22 se primere mark is
Noord-Amerika
. Dit word tans in Nissan se fabriek in Canton, Mississippi, in die VSA gebou.
Nissan was sedert 1986 die pionier van die "Hardbody" of "Nissan Frontier". Die eerste model was die D21, beskou as 'n klein bakkie. Na meer as 10 jaar met die D21, was die tweede geslag Navara (
"Hardbody"
in Suid-Afrika) vervaardig vanaf 1997 tot en met 2004, wat geklassifiseer was as 'n kompakte grootte bakkie. Dit is vervang deur die groter, hoer en langer D40, wat Nissan nou as 'n middelgrootte bakkie bemark.
Die
Navara
kry sy naam van
Navarre
in die noorde van
Spanje
, en die Europese weergawe word in die Nissanfabriek in
Barcelona
gebou. Dit word in baie Europese markte as die Nissan
NP300
verkoop. Sedert November 2017 is die verwante Mercedes-Benz X-klas ook in Barcelona gebou, maar die model is in Mei 2020 gestaak.