in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Nikotien
is ’n
organiese verbinding
wat in ’n relatief hoe konsentrasie in die tabakplant (
Nicotiana tabacum
) voorkom, asook in gedroogde
tabak
. Dit is een van die grootste oorsake van die
verslawende
, maar ook verdowende, uitwerking van die
rookgewoonte
. Wanneer die dwelm uitgewerk het, ontstaan
onttrekkingsimptome
. Nikotien is in 1828 die eerste keer geisoleer deur twee Duitse chemici, Posselt en Reiman. In 1895 het Adolf Pinner die struktuurformule bepaal.
Nikotien kom nie net in tabak voor nie, maar ook in allerlei plante wat tot die
familie
Solanaceae
(die aartappelfamilie) behoort, saam met
tamaties
,
aartappels
en
soetrissies
. Dit kom ook voor in die blare van die
kokaplant
(
Erythroxylum coca
).
Die stof is ’n
higroskopiese
, kleurlose, olieagtige
vloeistof
wat goed met
water
meng.
[1]
Dit kan uit tabak onttrek word deur die blare 12 uur lank in water te week, waarna die nikotien bo dryf. Die stof smaak bitter en is sterk
alkalies
. Saam met ’n
suur
vorm dit ’n
sout
.
By ’n hoe
temperatuur
verdamp die nikotien maklik, waarna dit ingeasem kan word uit byvoorbeeld ’n
sigaret
. In kontak met die lug verkleur die stof bruinerig.