in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Nikolai Rimski-Korsakof
|
---|
Nikolai Rimski-Korsakof in 1893
|
Agtergrondinligting
|
---|
Geboortenaam
| Nikolai Andreiewitsj Rimski-Korsakof
|
---|
Gebore
| (
1844-03-18
)
18 Maart 1844
Tichwin, naby
Sint Petersburg
,
Russiese Keiserryk
|
---|
Sterf
| 21 Junie 1908 (op 64)
Ljoebensk, naby Sint Petersburg, Russiese Keiserryk
|
---|
Genres
| Opera, simfonie en klassieke musiek
|
---|
Beroep(e)
| Komponis, dirigent, pedagoog
|
---|
Instrumente
| Klavier, fluit en tjello
|
---|
Assosiasies
| Igor Strawinski
,
Anton Arenski
,
Aleksandr Gretsjaninof
|
---|
Nikolai Andreiewitsj Rimski-Korsakof
(
Russies
: Николай Андреевич Римский-Корсаков, [n??k??laj ?n?dr?ej?v??t? ?r?imsk??j ?kors?k?f],
luister
(
hulp
·
inligting
)
;
18 Maart
1844
?
21 Junie
1908
) was 'n Russiese komponis wat in Tichwin naby
Sint Petersburg
gebore is. Toe hy 12 jaar oud was, het die gesin na
Sint Petersburg
verhuis, waar hy die Vlootakademie bygewoon het. Van sy 15de jaar af het hy musieklesse geneem en in
1861
het hy die invloedryke
Mili Balakiref
ontmoet. In
1862
het hy sy studies aan die Vlootakademie voltooi, en kort daarna het hy as bemanningslid na die
Amerikas
,
Spanje
,
Italie
,
Frankryk
,
Engeland
en
Noorwee
geseil.
Die seereis het sy liefde vir die see bevestig en die oseaan dien as agtergrond in talle van sy werke. In
1865
is sy Eerste Simfonie, wat hy voor die seereis begin het, met groot welslae in Sint Petersburg uitgevoer. Sy volgende belangrike werk was
Fantasie op Serwiese temas
, wat in
1867
deur Balakiref uitgevoer is. Na die konsert is Rimski-Korsakof se naam aan die van Balakiref,
Moessorgski
,
Borodin
en Cui gekoppel, en so het die benaming "die Vyf" ontstaan.
In
1871
is Rimski-Korsakof as dosent in komposisie aan die Sint Petersburgse konservatorium aangestel, en ten einde sy eie musikale opleiding te voltooi, het hy in
1873
'n studieprogram met die klem op kontrapunt en die fuga onderneem. In
1874
het hy die eerste uitvoering van sy Derde Simfonie gedirigeer, en in dieselfde jaar het hy direkteur van die Vrye Musiekskool in Sint Petersburg geword.
Hy het ook al hoe meer as dirigent aktief geword. Hy het ook 'n groot rol as musiekredakteur van 'n uitgewersonderneming gespeel, en hy het verskeie komponiste se onvoltooide operas voltooi en talle ander werke geredigeer en gepubliseer ? veral die van Moessorgski.
Hy het 16 operas gekomponeer, waaronder
Die sneeumeisie
(
1882
),
Sadko
(
1898
), '
n Bruid vir die tsaar
(
1899
) en
Die goue haan
(
1909
). Van sy orkeswerke is veral
Capriccio Espagnol
(
1887
), die simfoniese suite
Scheherazade
(
1888
) en die
Russiese Paasouverture
(1888) bekend. As hoogleraar in komposisie en orkestrasie aan die Sint Petersburgse Konservatorium (van 1871 byna ononderbroke tot sy dood) het hy twee geslagte Russiese komponiste onderrig en dus 'n groot invloed gehad.
Igor Strawinski
het byvoorbeeld twee jaar lank privaat by hom gestudeer. Rimski-Korsakof is op
21 Junie
1908
op sy landgoed in
Ljoebensk
naby Sint Petersburg oorlede.