in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Dr.
Nicolaas Mansvelt
(1852-1933) was die eerste Superintendent-generaal van Onderwys in
Transvaal
. Hy is in 1852 in
Wassenaar
,
Nederland
, gebore. Hy bekwaam hom as 'n onderwyser en in 1874 ontmoet hy die beroemde predikant van
Suid-Afrika
,
Jan Lion Cachet
wat weer 'n besoek gebring het aan sy geboorteland. Dit loop uit op Mansvelt se aanstelling op die personeel van die
Gimnasiumseunskool
op
Stellenbosch
. Hy begin belang stel in en skryf oor
Afrikaans
en word in 1890 aangestel as sekretaris van die nuwe S.A. Taalbond. Hy word die jaar daarna na
Pretoria
gestuur as Superintendent-generaal van Onderwys. Hy herorganiseer die hele stelsel en begin met die plaaslike opleiding van onderwysers. Met die besetting van
Transvaal
tydens die
Tweede Vryheidsoorlog
het hy bedank en na
Nederland
teruggekeer waar hy in 1933 in
Haarlem
oorlede is.