in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Nicea
(
Grieks
: Ν?καια Βιθυν?α?,
Nikaia Bithynias
;
Latyn
:
Nicaea
) was ’n ou Griekse stad in
Klein-Asie
. Dit is veral bekend vir die
Eerste
en
Tweede Konsilie van Nicea
wat in die eerste millennium n.C. daar gehou is. Dit is tans die stad
?znik
in
Turkye
.
Die stad is omstreeks 310 v.C. gestig deur
Antigonus I Monophthalmus
, wat dit
Antigoneia
genoem het. Toe hy verslaan word by die Slag van Ipsus (301 v.C.), het die stad in die hande geval van die
Thessaliese
generaal
Lysimachus
, wat dit hernoem het na
Nikaia
, ter ere van sy vrou. Later het dit deel van die
Romeinse Ryk
geword en die naam is verlatyns na Nicaea, wat in
Afrikaans
Nicea gespel word.
Die groot Griekse
sterrekundige
Hipparchos
is omstreeks 190 v.C. hier gebore en die Griekse wiskundige en sterrekundige
Sporus van Nicea
in 240 n.C.
Die stad het in
1331
deel van die
Ottomaanse Ryk
geword en heet sedertdien
?znik
.