in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Ngerulmud
(
Japannees
: ンゲルルムッド) dien sedert 7 Oktober 2006 as die
hoofstad
van
Palau
, 'n
eilandstaat
in die
Stille Oseaan
en
Oseanie
, toe dit
Koror
vervang het. Dit is aan die ooskus van Babeldaob, Palau se grootste eiland, gelee. Ngerulmud is sowat 20 km noordoos van Koror en 2 km noordwes van Melekeok gelee. Met minder as 300 inwoners is Ngerulmud die mins bevolkte
hoofstad
van 'n soewereine staat, nog voor die
Vatikaanstad
.
Ngerulmud is in 2006 as nuwe hoofstad van Palau gestig en het die voorlopige hoofstad Koror vervang. Volgens Palau se grondwet uit 1979 moes die regering binne tien jaar 'n amptelike hoofstad op die hoofeiland Babeldaob benoem.
[1]
Vervolgens is die Kapitolkompleks na aanleiding van die Amerikaanse eweknie in
Washington, D.C.
deur die op
Hawaii
-gebaseerde maatskappy Architects Hawaii Ltd. (AHL) opgerig. Hulle het ook
Palikir
, die hoofstad van die
Gefedereerde State van Mikronesie
beplan.
Na die skuiwing was die presiese ligging van Palau se hoofstad onseker. Toe Ngerulmud in 2006 nog nie bestaan het nie,
[2]
het baie bronne die naaste nedersetting en naam van die deelstaat, Melekeok, as hoofstad aangegee. Die Duitse
Auswartige Amt
(Buitelandse Kantoor) het in sy inskrywing oor Palau in 2015/16 die hoofstad van Melekeok na Ngerulmud verander.
[3]
Die
Verenigde Nasies
se webwerf beskou die deelstaat Melekeok as hoofstad,
[4]
terwyl Palau se regeringswebwerf nog steeds Koror as hoofstad van Palau beskou.
[5]
Die Amerikaanse
Central Intelligence Agency
gee Ngerulmud as Palau se hoofstad.
[6]