in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
New Territories
is een van die drie hoofgebiede van die
Hongkong Spesiale Administratiewe Streek
van die
Volksrepubliek China
. New Territories word afgekort as NT of N.T.
In 2011 het die New Territories 'n bevolking van 3 691 093 en 3 801 mense per km² gehad. Meer as die helfte van die gebied is landelik. Op die platteland is daar (ommuurde) dorpies met min inwoners. Die dorpies word gekenmerk deur hul Chinese argitektuur en die
groentelanderye
rondom die dorpe.
In 1898 word die gebied deur
Qing-China
aan die
Verenigde Koninkryk
onder pag verhuur. Die huur sou nege-en-negentig jaar duur. Die Britse huurkontrak het ook aanleiding gegee tot die term "Inheemse Hongkongers". In 1997 is die gebied aan die
Volksrepubliek China
terugbesorg. Oorspronklik is die gebied deur die inwoners van Hongkong oorheers. Hulle het die Wai t'auw-dialek of Hongkong-Hakka gepraat.
'n Groot deel van die inwoners praat en verstaan
Standaard-Kantonees
. In die 1960's was die persentasie mense wat Kantonees kon praat en verstaan, klein. Weens die media-invloed en verbeterde onderwys vanaf Hongkong-eiland het Kantonees toenemend belangrik geword. In die verlede het mense na toneelstukke in
Hakka
en Wai t'auw geluister, en die twee dialekte is ook in dorpskooltjies aangebied.
Nou kom al hoe meer immigrante uit die Volksrepubliek China na New Territories. Die oorgrote meerderheid immigrante se moedertaal is
Mandaryns
. Dit is die rede waarom die aantal mense wat Mandaryns praat vinnig aan die toeneem is in die omgewing.
New Territories bestaan uit die volgende distrikte:
- Eilande-distrik
- Kwai Tsing (Kwai Chung en Tsing Yi-eiland)
- Noorde-distrik (Hongkong)
- Sai Kung-distrik
- Sha Tin-distrik
- Tai Po-distrik
- Tsuen Wan
- Tuen Mun
- Yuen Long