’n
Neutronster
is die kompakte kern van ’n baie swaar ster (met ’n totale massa van tussen 10 en 25
sonmassas
) wat tydens ’n
tipe II-, tipe Ib- of tipe Ic-supernova
ontplof het.
[1]
Hulle is die kleinste en digste stervoorwerpe, buiten
swartkolke
en hipotetiese
witkolke
en
kwarksterre
.
[2]
Hulle het ’n
radius
van sowat 10 km en ’n massa van sowat 1,4 sonmassa.
[3]
Nadat hulle gevorm het, wek hulle nie meer aktief hitte op nie en koel hulle mettertyd af; hulle kan egter steeds verder evolueer deur
botsings
en
akkresie
.
Die meeste van die basiese modelle van neutronsterre dui daarop dat hulle feitlik geheel en al bestaan uit
neutrone
, subatomiese deeltjies sonder
elektriese lading
en met ’n effens groter massa as
protone
. Die
elektrone
en
protone
wat in normale materie voorkom, kombineer om die neutrone te vorm. Neutronsterre word gedeeltelik gevrywaar teen verdere inploffing deur ’n
neutronteendruk
, ’n verskynsel wat beskryf word deur die
uitsluitingsbeginsel van Pauli
, nes
witdwerge
teen inploffing gevrywaar word deur ’n elektronteendruk.
’n Neutronteendruk is egter nie alleen genoeg om ’n voorwerp van groter as 0,7 sonmassa teen verdere inploffing te vrywaar nie,
[4]
[5]
en dus speel afstotende kernkragte ’n groter rol in die behoud van swaarder neutronsterre.
[6]
[7]
As die steroorblyfsel ’n massa het wat die
Tolman-Oppenheimer-Volkoff-limiet
van sowat 2 sonmassas oorskry, is die kombinasie van ’n neutronteendruk en kernkragte onvoldoende om die neutronster te onderhou en sal dit verder inplof tot ’n swartkolk.
Neutronsterre wat waargeneem kan word, is baie warm en het gewoonlik ’n oppervlaktemperatuur van sowat
600 000
K
.
[8]
[9]
[10]
[11]
Hulle is so dig dat ’n vuurhoutjiedosie met neutronstermaterie omtrent 3 miljard ton sal weeg.
[12]
[13]
Hulle
magneetveld
is tussen 10
8
en 10
15
(100 miljoen tot 1 biljard) keer so sterk as die
Aarde
s'n. Die swaartekragveld by die neutronster se oppervlak is sowat
2
×
10
11
(200 miljard) keer so sterk as die van die Aarde.
Namate die oorspronklike ster se kern inplof, verhoog sy rotasiespoed as gevolg van die
behoud van hoekmomentum
, en nuut gevormde neutronsterre draai tot ’n paar honderd keer per sekonde. Sommige gee ’n straal van elektromagnetiese straling af wat hulle
pulsars
maak. Die ontdekking van pulsars in 1967 deur Jocelyn Bell Burnell en Antony Hewish was juis die eerste aanduiding dat neutronsterre bestaan. Die straling van pulsars af word vermoedelik hoofsaaklik uitgestraal vanaf streke naby hulle magneetpole. As die magneetpole nie ooreenstem met die neutronster se
draaias
nie, sal die emissiestraal deur die lug rondswiep. Wanneer dit van ’n afstand af gesien word en die waarnemer iewers in die baan van die straal is, sal dit lyk soos pulse straling wat van ’n vaste punt in die ruimte kom (die sogenaamde "vuurtoringuitwerking"). Die neutronster wat sover bekend die vinnigste tol, is PSR J1748-2446ad ? dit draai 716 keer per sekonde,
[14]
[15]
of teen 43 000
omwentelinge per minuut
. Die spoed op die oppervlak is amper ’n kwart van die
ligsnelheid
.
Daar is vermoedelik sowat ’n miljard neutronsterre in die
Melkweg
,
[16]
of ’n minimum van ’n paar honderd miljoen, ’n syfer wat verkry word uit die raming van die getal sterre wat al supernovas ondergaan het.
[17]
Die meeste is egter oud en koud, en straal min uit. Neutronsterre wat stadig draai en nie akkresie ondergaan nie, is feitlik onopspoorbaar; sedert die
Hubble-ruimteteleskoop
se waarneming van RX J185635?3754 in 2002 is ’n paar nabygelee neutronsterre egter al ontdek wat lyk of hulle net termiese emissies uitstraal.
Neutronsterre in
dubbelstelsels
kan akkresie ondergaan, wat gewoonlik veroorsaak dat die stelsel helder
X-strale
uitstraal terwyl die materie wat in die neutronster val, warm kolle kan vorm wat in en uit sig beweeg.
- ↑
Heger, A.; Fryer, C. L.; Woosley, S. E.; Langer, N.; Hartmann, D. H. (2003). "How Massive Single Stars End Their Life".
Astrophysical Journal
.
591
(1): 288?300.
arXiv
:
astro-ph/0212469
.
Bibcode
:
2003ApJ...591..288H
.
doi
:
10.1086/375341
.
S2CID
59065632
.
- ↑
Glendenning, Norman K. (2012).
Compact Stars: Nuclear Physics, Particle Physics and General Relativity
(illustrated uitg.). Springer Science & Business Media. p. 1.
ISBN
978-1-4684-0491-3
.
- ↑
Seeds, Michael; Backman, Dana (2009).
Astronomy: The Solar System and Beyond
(6de uitg.). Cengage Learning. p. 339.
ISBN
978-0-495-56203-0
.
- ↑
Tolman, R. C. (1939).
"Static Solutions of Einstein's Field Equations for Spheres of Fluid"
(PDF)
.
Physical Review
.
55
(4): 364?373.
Bibcode
:
1939PhRv...55..364T
.
doi
:
10.1103/PhysRev.55.364
.
- ↑
Oppenheimer, J. R.; Volkoff, G. M. (1939). "On Massive Neutron Cores".
Physical Review
.
55
(4): 374?381.
Bibcode
:
1939PhRv...55..374O
.
doi
:
10.1103/PhysRev.55.374
.
- ↑
"Neutron Stars"
(PDF)
.
www.astro.princeton.edu
. Besoek op
14 Desember
2018
.
- ↑
Douchin, F.; Haensel, P. (Desember 2001). "A unified equation of state of dense matter and neutron star structure".
Astronomy & Astrophysics
.
380
(1): 151?167.
arXiv
:
astro-ph/0111092
.
Bibcode
:
2001A&A...380..151D
.
doi
:
10.1051/0004-6361:20011402
.
ISSN
0004-6361
.
S2CID
17516814
.
- ↑
Kiziltan, Bulent (2011).
Reassessing the Fundamentals: On the Evolution, Ages and Masses of Neutron Stars
. Universal-Publishers.
ISBN
978-1-61233-765-4
.
- ↑
Neutron star mass measurements
- ↑
"Ask an Astrophysicist"
.
imagine.gsfc.nasa.gov
.
- ↑
Haensel, Paweł; Potekhin, Alexander Y.; Yakovlev, Dmitry G. (2007).
Neutron Stars
. Springer.
ISBN
978-0-387-33543-8
.
- ↑
"Tour the ASM Sky"
.
heasarc.gsfc.nasa.gov
.
- ↑
"Density of the Earth"
. 10 Maart 2009.
- ↑
Hessels, Jason; Ransom, Scott M.; Stairs, Ingrid H.; Freire, Paulo C. C.; et al. (2006). "A Radio Pulsar Spinning at 716 Hz".
Science
.
311
(5769): 1901?1904.
arXiv
:
astro-ph/0601337
.
Bibcode
:
2006Sci...311.1901H
.
CiteSeerX
10.1.1.257.5174
.
doi
:
10.1126/science.1123430
.
PMID
16410486
.
S2CID
14945340
.
- ↑
Naeye, Robert (13 Januarie 2006).
"Spinning Pulsar Smashes Record"
.
Sky & Telescope
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 29 Desember 2007
. Besoek op
18 Januarie
2008
.
- ↑
"argiefkopie"
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 8 September 2018
. Besoek op
13 Januarie
2021
.
- ↑
Camenzind, Max (24 Februarie 2007).
Compact Objects in Astrophysics: White Dwarfs, Neutron Stars and Black Holes
. Springer Science & Business Media. p. 269.
Bibcode
:
2007coaw.book.....C
.
ISBN
978-3-540-49912-1
.
Soorte sterre en sterregroepe
|
---|
Sterre
| | |
---|
Sterregroepe
| |
---|
Verwante voorwerpe
| |
---|
Lyste
| |
---|