in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die
Nepalese
aardbewing
van 2015
(ook die Himalaja-aardbewing genoem)
[1]
was ’n aardbewing op
25 April
2015
om 11:56:26 (NST)/07:11:26 (UCT+1) met ’n krag van 7,8 op die
Richterskaal
en ’n verwoestende krag (IX) op die skaal van Mercalli.
Die episentrum le ongeveer 34 kilometer oossuidoos van Lamjung, met ’n hiposentrum van ongeveer 10 kilometer diep. Dit is die ergste ramp in die
Suid-Asiatiese
land Nepal sedert die aardbewing tussen Nepal en Bihar in 1934. Tydens die aardbewing het minstens 7 500
[2]
mense omgekom en is talle antieke Nepalese tempels vernietig of beskadig. Die meeste slagoffers was in Nepal, maar daar was ook slagoffers in omliggende lande, waaronder
Indie
,
China
en
Bangladesj
.
Die aardbewing het ’n
sneeustorting
op
Berg Everest
veroorsaak wat die lewe van minstens 19 mense geeis het,
[3]
wat dit die dodelikste dag op die berg in die geskiedenis maak.
[4]
Dit het nog ’n groot sneeustorting in die Langtangvallei veroorsaak waar 250 nou vermis word.
[5]
Eeue oue geboue is vernietig soos die
Unesco
-
werelderfenisgebiede
in die Katmandoevallei, insluitend op die Katmandoe Durbar-, Patan Durbar- en Bhaktapur Durbar-plein. Die regering van Nepal het na die aardbewing drie dae van rou afgekondig.
[6]
Geofisici
en ander kundiges waarsku reeds dekades lank dat Nepal kwesbaar is vir ’n dodelike aardbewing, veral as gevolg van die geologie, verstedeliking en argitektuur.
[7]
[8]
Voortgesette naskokke het oor die hele Nepal voorgekom, met ’n skok van 6,7 op 26 April om 00:54:08 NST.
[9]
Etlike dae daarna was daar steeds 'n risiko dat grondverskuiwings die gebied kon tref.
[10]
Koordinate
:
28°8′49.2″N
84°42′28.8″O
/
28.147000°N 84.708000°O
/
28.147000; 84.708000