in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die
Nasionale Kur?i? Nerija-park
(
Litaus
:
Kur?i? Nerijos Nacionalinis Parkas
, KNNP) is 'n nasionale park in
Litaue
wat sedert 1961 as natuurbewaringsgebied bestaan het en in 1991, na die onafhanklikwording van Litaue, tot nasionale park verklaar is. Die parkbestuur is buite die nasionale park in die hawestad
Klaip?da
.
Die nasionale park beslaan die Litause gedeelte van die
Koerse Skoorwal
(36,9 persent van die park se totale oppervlakte van 26 474 hektaar). Daarnaas is die aangrensende
Oossee-gebied
(47,2 persent) en dele van die
Koerse Haf
(15,9 persent) by die park ingesluit.
Die Koerse Skoorwal word buitendien sedert die jaar 2000 as
UNESCO
-
werelderfenisgebied
beskerm. Saam met die Koerse Haf en die
Nemunas
-rivierdelta - 'n natuurbewaringsgebied volgens die Ramsar-konvensie - vorm die Nasionale Kur?i? Nerija-park die grootste Litause
Natura 2000
-gebied.