Mustafa III

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Mustafa III
Sultan van die Ottomaanse Ryk
Kalief van Islam

Volle naam Sultan Mustafa III
Ottomaanse naam ????? ????
Tydperk 1757?1774
Stadium Stagnasie van die Ottomaanse Ryk
Huis Osman
Voorganger Osman III
Opvolger Abdulhamid I
Toegra

Mustafa III (Ottomaanse Turks: ????? ????, moderne Turks : II.Mustafa; 18/28 Januarie 1717 ? 21 Januarie 1774 ) was van 1757 tot 1774 sultan van die Ottomaanse Ryk . Hy was die seun van sultan Ahmet III en die broer van Abdulhamid I , wat hom opgevolg het.

Hy was ’n energieke leier en het probeer om sy weermag en staatsdiens te moderniseer sodat dit kon meeding met die van Europese lande. Die Ottomaanse Ryk het teen die tyd egter so agteruitgegaan dat modernisering dit nie kon red nie en enige poging om die administratiewe stand van sake te verander, is met suspisie bejeen deur die paleiswag en imams ? in so ’n mate dat hulle wou rebelleer.

Hy was bewus van sy militere swakheid en het oorlog probeer vermy. Hy was nie in staat om te keer dat keiserin Katharina die Grote van Rusland die Krim annekseer nie.

Hy het twee seuns, Selim en Mohammed, en vyf dogters gehad.

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]