in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Moskwa-Siti
(
Russies
: Москва?-Си?ти) is 'n stadsdeel van
Moskou
. Dit staan ook bekend as die
Moskouse Internasionale Sakesentrum
(Московский международный деловой центр, ММДЦ;
Moskofski mezjdoenarodni delowoi tsentr, MMDTs
). Die gebied word tans bestuur as deel van die
Presnenski-distrik
.
Die MMDTs is ’n gebied vir sakebedrywighede wat besighede en woonstelle bevat. Dis die eerste in sy soort in Rusland en Oos-Europa. Die organisasie wat die ontwikkeling van die projek beheer, is die openbare maatskappy SITI, wat met ondersteuning van die bestuur van die stad Moskou in 1992 spesiaal vir die doel gestig is, maar op aandeelhouerskap berus.
Die Presnenski-kaai, waar die sakedistrik gelee is, is sowat 100 ha groot, waarvan daar op 60 ha gebou word. Dit is die enigste plek in Moskou waar op so ’n groot skaal gebou word.
Toring 2000 (Башня 2000) is ’n kantoorgebou van 34 verdiepings op die (oorkantse) regteroewer van die
Moskwa
-rivier. Dit word deur die
Bagration-brug
met die MMDTs verbind.
Die gebou is 104 m hoog en beslaan ’n oppervlakte van 61 057 m². Bouwerk het in Desember 1996 begin en dit is in 2001 voltooi.
- Wikimedia
- Media
Koordinate
:
55°44′48″N
37°32′13″O
/
55.74667°N 37.53694°O
/
55.74667; 37.53694