in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Montpelier
|
---|
Stad
|
![Vermont State House is in 1859 opgerig](//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/3/3e/Montpelier_vermont_state_house_20.jpg/250px-Montpelier_vermont_state_house_20.jpg) Vermont State House
is in 1859 opgerig
|
![Ligging van Montpelier in Vermont, VSA](//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/b/bb/Washington_County_Vermont_Incorporated_and_Unincorporated_areas_Montpelier_highlighted.svg/250px-Washington_County_Vermont_Incorporated_and_Unincorporated_areas_Montpelier_highlighted.svg.png) Ligging van Montpelier in Vermont, VSA
|
Koordinate:
44°15′0″N
72°34′0″W
/
44.25000°N 72.56667°W
/
44.25000; -72.56667
|
Land
|
Verenigde State
|
---|
Deelstaat
| Vermont
|
---|
County
| Washington
|
---|
Stigting
| 1787
|
---|
Geinkorporeer as dorp op
| 1818
|
---|
Geinkorporeer as stad op
| 1895
|
---|
Oppervlak
|
---|
? Totaal
| 26,6 km
2
(10,3 vk. myl)
|
---|
? Land
| 26,5 km
2
(10,2 vk. myl)
|
---|
? Water
| 0,1 km
2
(0,1 vk. myl)
|
---|
Hoogte
| 182 m (600 ft)
|
---|
Bevolking
|
---|
? Totaal
| 7 855
|
---|
? Digtheid
| 302,7/km
2
(739,9/vk. myl)
|
---|
Tydsone
| UTC-05:00
(EST)
|
---|
?
Somertyd
| UTC-04:00
(EDT)
|
---|
ZIP-kode
| 05601-05604, 05609, 05620, 05633
|
---|
Skakelkodes
| 802
|
---|
Webwerf
| montpelier-vt.org
|
---|
Die Winooskirivier vloei deur Montpelier
Montpelier
is die hoofstad van die deelstaat
Vermont
(noordoostelike
Verenigde State
) en administratiewe sentrum van die distrik Washington in die noordelke gedeelte van Sentraal-Vermont. Montpelier le teen 'n hoogte van 350 meter bo seevlak in 'n vallei van die
Groen Berge
.
Met 'n bevolking van slegs 7 855 mense volgens die sensus van 2010 is Montpelier die kleinste hoofstad van 'n Amerikaanse deelstaat. Saam met Barre vorm Montpelier 'n klein mikropolitaanse gebied in die hartland van Vermont, wat ook as
twin cities
("tweelingstad") bekend staan.
Die stad huisves die Kulinere Instituut van Nieu-Engeland (
Engels
:
New England Culinary Institute
) en die hoofkwartiere van 'n aantal assuransiemaatskappye en tree ook as gasheerstad van die Green Mountains-filmfees op.
Die houtbedryf en granietverwerking was vroeer die ekonomiese basis van Montpelier, en slegs die laasgenoemde nywerheid speel tans nog 'n klein rol.
Montpelier is in die tydperk tussen
1781
en
1787
gestig. Die naam is deur kolonel Jacob Davis gekies en afgelei van die
Franse
stad
Montpellier
. Aangesien Frankryk die onafhanklikwording van die Verenigde State destyds gesteun het, was Franse plekname baie gewild. 'n Ander voorbeeld in Vermont is
Calais
, wat ook deur Davis vernoem is.
Die regeringsetel van Vermont het destyds op 'n rotasiebasis gewissel. Eers nadat die Vermont State Capitol in
1805
in Montpelier opgerig is, het die afgevaardigdes besluit om die voorkeur aan hierdie sentraal gelee vergaderplek te gee. In
1838
is die gebou deur 'n brand verwoes.
Danksy die kenmerkende bladgoudkoepel word die huidige gebou, wat in
1859
voltooi is, deur talle toeriste as een van die mooiste administratiewe geboue in die VSA beskou.