in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Mohammad ibn Saoed
|
Emir van Dirija
|
Bewind
|
1726-1765
|
Voorganger
|
Saoed ibn Mohammad ibn Moeqrin
|
Opvolger
|
Abdoel Aziz bin Mohammad bin Saoed
|
Kinders
|
5
|
Koningshuis
|
Huis van Saoed
|
Gesterf
|
1765
|
Vader
|
Saoed ibn Mohammad ibn Moeqrin
|
Mohammad ibn Saoed
(
Arabies
: ???? ?? ????; oorlede 1765), ook bekend as
Ibn Saoed
, was die emir van
Dirija
en word beskou as die stigter van die Eerste Saoediese Staat en die
Huis van Saoed
. Die huis is tegnies na sy pa, Saoed ibn Mohammad ibn Moeqrin, genoem.
[1]
Die vlag van die Eerste Saoediese Staat.
Ibn Saoed se familie kan teruggespoor word na die stamme Banoe Aoedi en Hanifa, maar ondanks wanopvattings was Mohammad ibn Saoed nie ’n
nomadiese
bedoeien
of ’n stamhoof nie. Hy was die hoof (
emir
) van ’n landbounedersetting naby die hedendaagse
Riaad
met die naam Dirija.
[2]
Hy was ook ’n vaardige en ambisieuse vegter.
[2]
Terwyl hy onder die heerskappy van die
Ottomaanse Ryk
was, was Ibn Saoed die stigter van wat later as die Eerste Saoediese Staat bekend geword het. Die manier waarop hy sy regering ? wat op
Islamitiese
beginsels gebaseer was ? saamgestel het, dien vandag nog as model vir die heersers van die Huis van Saoed. Hy het tot met sy dood in 1765 regeer.
[3]
[4]
Hy is as emir opgevolg deur sy seun, Abdoel Aziz bin Mohammad.