한국   대만   중국   일본 
Mitchells Plain - Wikipedia Gaan na inhoud

Mitchells Plain

Koordinate : 34°3′2″S 18°37′5″O  /  34.05056°S 18.61806°O  / -34.05056; 18.61806
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Mitchells Plein )
Mitchells Plain?
Voorstad
Skoolkinders in Mitchells Plain
Skoolkinders in Mitchells Plain
Mitchells Plain‎ is in Wes-Kaap
Mitchells Plain‎
Mitchells Plain?
 Mitchells Plain? se ligging in Wes-Kaap
Koordinate: 34°3′2″S 18°37′5″O  /  34.05056°S 18.61806°O  / -34.05056; 18.61806
Land Vlag van Suid-Afrika  Suid-Afrika
Provinsie Wes-Kaap
Munisipaliteit Stad Kaapstad
Stigting 1970
Oppervlak
 ? Totaal 43,76 km 2 (16,90 vk. myl)
Bevolking
  (2011) [1]
 ? Totaal 310 485
 ? Digtheid 7 095/km 2 (18 380/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 ?  Wit mense 0.2%
 ?  Indiers/Asiers 0.6%
 ?  Bruin mense 90.8%
 ?  Swart mense 7.3%
 ?  Ander 1.1%
Taal (2011)
 ?  Engels 47.4%
 ?  Afrikaans 46.9%
 ?  Xhosa 3.3%
 ?  Ander 2.4%
Poskode (strate)
7785
Poskode (posbusse)
7789
Skakelkode 021

Mitchells Plain? [2] is 'n woongebied vir grotendeels bruin mense , 32 km vanaf Kaapstad se middestad. Dit is Suid-Afrika se elfde grootste woongebied. Dit is op die Kaapse Vlakte aan die Valsbaai -kus tussen Muizenberg en Khayelitsha gelee.

Mitchells Plain? is in die 1970's as 'n township vir Bruin inwoners onder die destydse groepsgebiedewet aangele. Hoewel Mitchells Plain? nie meer 'n uitsluitlik bruin woongebied is nie, is die bevolking steeds oorwegend Bruines. Met 'n geskatte bevolking van 310 485 mense bestaan Mitchells Plain? uit verskeie sub-afdelings wat die diversiteit en klasseverskille tussen inwoners aandui.

Die gebied was aanvanklik bekend as basis van die United Democratic Front wat die ANC se anti-apartheidsbedrywighede help finansier het. Deesdae is dit meer bekend vir sy bendes en "tik"- verslawing (metamfetamien) onder die jeug. Ten spyte van die negatiewe faktore is een van Kaapstad se grootste winkelsentrums, die Liberty Promenade , hier gelee.

Demografie [ wysig | wysig bron ]

Volgens data van die 2011-sensus wat deur Statistiek Suid-Afrika saamgestel is het Mitchells Plain die volgende demografie: [3]

Groep Manlik Persentasie Vroulik Persentasie Totaal Persentasie
Bruin 137 360 43,17 144 085 46,43 281 829 90,77
Swart 12 692 4,48 14 021 4,95 22 723 7,32
Indier/Asiate 902 0,32 861 0,30 1 926 0,62
Wit 274 0,09 307 0,10 581 0,19
Totaal 151 033 48,64 159 453 51,36 310 485 100

Sub-afdelings [ wysig | wysig bron ]

Mitchells Plein is in verskeie sub-afdelings opgedeel. Die meer gegoede dele is in die weste en armer gemeenskappe in die oostelike helfte gelee.

  • Rocklands
  • Westridge
  • Portlands
  • Tafelsig
  • Eastridge
  • Beacon Valley
  • Lentegeur
  • Woodlands
  • Weltevreden Valley
  • Colorado Park
  • Strandfontein

Misdaad [ wysig | wysig bron ]

Op Vrydag, 12 Julie 2019, is die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag in onder meer Mitchells Plain ontplooi om hoe vlakke van misdaad , wat die Suid-Afrikaanse Polisiediens tot dusver nog nie onder beheer kon bring nie, te takel. [4]

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Mitchells Plain?" . Sensus 2011 .
  2. Die amptelike spelling, wat oorspronklik aan die Nasionale Pleknamekomitee voorgele is vir goedkeuring, was Mitchell's Plain .
  3. Mitchells Plain? Sensus 2011
  4. "South Africa is deploying the army to fight crime ? here's how the murder rate compares to an actual war zone" . BusinessTech (in Engels). 12 Julie 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Desember 2019 . Besoek op 12 Julie 2019 .