Die
Miskito
is
Amerikaanse
inboorlinge
in
Sentraal-Amerika
. Hulle gebied strek vanaf
Kaap Kameroon
,
Honduras
, tot by
Rio Grande
,
Nicaragua
. Die meeste Miskito besig die
Miskitotaal
, ander groepe praat egter
Miskito Kreoolse Engels
,
Spaans
, Rama en ander tale. Die Kreoolse Engels het tot stand gekom deur gereelde kontak met die Britte. Baie Miskito is
Christene
.
Daar is min, indien enige, suiwerbloed Miskito vandag, omdat
ontsnapte slawe
deur die eeue skuiling by die Miskito gevind het, en so ook onderlangs met mekaar getrou het. Hulle gebied is baie onbereikbaar, en daarom is hulle min geraak deur die Spaanse oorname van die gebied.
Tradisionele Miskito gemeenskappe is hoogs-gestruktureerd, met 'n goed gedefinieerde
politieke
struktuur. Daar was 'n
koning
maar hy het nie absolute mag gehad nie. Die mag was verdeel tussen hom, 'n
goewerneur
, 'n
generaal
, en teen die 1750's, 'n
admiraal
. Historiese inligting rakende konings is ietwat obskuur deur die feit dat baie van die konings semi-
mitiese
figure was, die eerste bevestigde koning,
Jeremy I
, is eers in 1687 gedateer.
Die sisteem het die Miskito toegelaat om hulle onafhanklikheid te behou regdeur die gesag van
Nieu-Spanje
en deur die
Federale Republiek van Sentraal-Amerika
; hulle is egter in 1894 opgeneem in
Honduras
.
As gevolg van
Britse
ekonomiese belange in Sentraal-Amerika (veral in Brits-Honduras, nou
Belize
, kon die Miskito gewere en moderne wapens bekom. Britse ondersteuning het ook
Nicaragua
laat ontstaan, 'n land wat bedoel is vir die Miskito. Gou daarna het gekombineerde Miskito-
Zambo
plunderaars begin om Spaanse nedersettings in Honduras aan te val, meestal om Miskito-slawe te red voordat hulle verskeep is na
Europa
, maar meestal om ander Amer-Indiane gevangene te neem (die Miskitos het hulself vir 'n lang tyd as
superieur
teenoor ander stamme van die area geag, na wie hulle verwys het as "wild". Van historici beweer dat die Miskitos 'n Britse identiteit nagestreef het, veral omdat Europese kleredrag gewild was onder die Miskito en die Britte het selfs die Miskito konings genoem) om as slawe te verkoop aan die Britte wat gewerk het in
Jamaika
. Hulle het ook vroue van ander stamme as slawe aangehou. Hierdie plundertogte het aangehou lank nadat die vyandigheid tussen Brittanje en Spanje beeindig is.
As gevolg van die toelating van
poligamie
en die groot getalle vroulike slawe van die plundertogte, het die Miskito se bevolking baie toegeneem.
Spaanse setlaar het eers begin aankom in Miskitogebiede in 1787, maar die Miskito het aangehou om die area te oorheers as gevolg van hulle groot getalle en die ervare
weermag
. Die Miskito het nog nooit beheer gevoel deur die regering van Nicaragua nie en baie Miskitos beskou hulself vandag nie as Nicaraguane nie.
In die 1970's en 1980's se pogings tot
volksmoord
deur die
kommunistiese
Sandinistaregering het die gedwonge hervestiging van 8 500 Miskitos en die verwoesting van soveel as 100 nedersettings ingesluit, en het die Miskitos forseer, saam met die geallieerde
Sumu
en
Ramastamme
, om die
MISURASTA
te vorm, 'n groep van anti-regeringguerillas wat geallieerd was met die contras.
Ligging van die Miskitokus
Die Miskitonasie het as 'n staat tot stand gekom rondom 1625. Die eerste dateerde koning was Oldman, die seun van 'n ongenoemde koning van die Miskitos. Eerste kontak met die Britte is gemaak tydens die heerskappy van die vader van Koning Oldman, wat hom na Brittanje gestuur het om 'n oudiensie met Koning
Karel I
aan te vra.
Die MiskitoKoning en die Britte het in 1740 'n formele
Verdrag van Vriendskap en Alliansie
onderteken gevolg deur die aanstelling van 'n inwonende Superintendent in 1749. 'n
protektoraat
is oor die Miskitonasie ingestel.
Die Koninkryk van die Miskitos het gehelp gedurende die Amerikaanse rewolusionere oorloe om die Spaanse kolonies aan te val en het verskeie oorwinnings behaal aan die kant van die Britte. Maar met die bereik van vrede in 1783 moes Brittanje beheer oor die kus afstaan. Die Britse onttrekking is voltooi teen die einde van Junie 1787. Ten spyte van die onttrekking het Brittanje 'n nie-amptelike protektoraat oor die koninkryk volgehou en het gereeld ingetree om die belange van die Miskito teen Spaanse inmenging te beskerm. Van die middel van die negentiende eeu en later het Britse belange in die gebied afgeneem.
Die staat het ophou bestaan in 1894 toe dit beset is deur Nicaragua. Dit is hervestig in Julie van daardie selfde jaar deur die Britte, maar Nicaragua het dit in Augustus herbeset.
Vlag van die Miskito se nasie
Wapen van die Miskito se nasie
- 1625?1687 ?
Oldman
- 1687?1718
Jeremy I
, koning van die Miskitonasie
- 1718?1729
S.M. (Sy Majesteit)
Jeremy II
, koning van die Miskitonasie
- 1729?1739 S.M.
Peter I
, koning van die Miskitonasie
- 1739?1755 S.M.
Edward I
, koning van die Miskitonasie
- 1755?1776 S.M.
George I
, koning van die Miskitonasie
- 1776?1801
King
George II Frederic
, koning van die Miskitonasie
- 1801?1824 S.M.
George Frederic Augustus I
, koning van die Miskitonasie
- 1824?1842 S.M.
Robert Charles Frederic
, koning van die Miskitonasie
- 1842?1865 S.M.
George Augustus Frederic II
, koning van die Miskitonasie
- 1865?1879
S.E. (Sy Eksillensie)
William Henry Clarence
,
Hereditary Chief of Miskito
- 1879?1888 S.E.
George William Albert Hendy
,
Hereditary Chief of Miskito
- 1888?1889 S.E.
Andrew Hendy
,
Hereditary Chief of Miskito
- 1889?1890 S.E.
Jonathan Charles Frederick
,
Hereditary Chief of Miskito
- 1890?1908 S.E.
Robert Henry Clarence
,
Hereditary Chief of Miskito
- 1908?1928
Robert Frederick
,
Heir Apparent to the Miskito Kingdom and Hereditary Chief of the Miskito Nation
- sedert 1978
Norton Cuthbert Clarence
Heir Apparent to the Miskito Kingdom and Hereditary Chief of the Miskito Nation
- (
en
)
Bell, C. Napier;
Tangweera: Life and Adventures among Gentle Savages.
Austin: University of Texas Press. Reprinted 1989; published originally in 1895.
ISBN 0-292-78066-4
.
- (
en
)
Baily, John.
Central America; Describing Each of the States of Guatemala, Honduras, Salvador, Nicaragua, and Costa Rica
. London: Trelawney Saunders (1850).
- (
en
)
Helms, M.W. Helms. 1971. Culture Contact in a Miskito Community. University of Florida Press: Gainesville, FL.
ISBN 0-8130-0298-2
- (
en
)
Herlihy, L.H. 2012. The Mermaid and the Lobster Diver: Gender, Sexuality, and Money on the Miskito Coast. University of New Mexico Press: Albuquerque, NM.
ISBN 978-0826350930
- (
en
)
Nietschmann, B. 1973. Between Land and Water: The subsistence ecology of the Miskito Indians, Eastern Nicaragua. Seminar Press: New York.
ISBN 978-0128802502
![](//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/4/4a/Commons-logo.svg/30px-Commons-logo.svg.png) |
Wikimedia Commons bevat media in verband met
Miskito
.
|